Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Nuwe Testament (Page 99 of 129)

Die Heilige Gees getuig van ons hemelse kindskap

Skriflesing: Rom 7:19-8:30
Teksvers: Rom 8:14 – 17
HK: Sondag 19

Ons gedenk vandag die uitstorting van die Heilige Gees tydens die Pinksterfees, 10 dae na die hemelvaart van ons Here Jesus Christus. Dit is ook wat vermeld word in ons belydenis in So 19 van die HK.

  1. Hoekom is die hemelvaart belangrik tov Christus se heerskappy?
    Kolossense 1:18 en Efesiers 1:20-23
  2. Wat is die pinksterfees? Hoekom is die Heilige Gees uitgestort tydens die pinksterfees?
    Numeri 28:6, 26-31, Handelinge 2:1-36 veral vers 33
  3. Watter verandering bring die uitstorting van die Heilige Gees vir ons?
    Romeine 8:1 ev
  4. Hoe kom die Gees ons te hulp?
    Matteus 28:18-20, Romeine 8:26 ev Johannes 14:16 ev

Laai af

 

Christus is ons Opstanding en lewe!

Skriflesing: 1 Kor 15:1-26
Teksvers: 1 Kor 15: 13-15
HK: Sondag 17

Ons belydenis vra ‘n reguit vraag sonder om baie besonderhede aan die vraag te voeg: Watter nut het die opstanding van Christus vir ons?

1. Waarom dink jy sal die woordjie “nut” gebruik word om te beskryf hoe die opstanding waarde toevoeg tot ons geloof? Hierdie nut word vir ons beskryf op drie maniere, gaan kyk gerus V/A 45.. 1 Pet 1:3-10

2. Op watter wyse sal die opstanding uit die dood geskied? Is dit geestelik of ‘n liggaamlik of beide? Rom 6:4 en 8:34, Ef 2:5-6

3. Hoekom leer Jesus ons dat ons liggaam en siel belangrik is, en nie geskaad mag word nie? 1 Kor 6:19

Laai af

 

Die hemelvaart is tot òns voordeel!

Skriflesing: Johannes 16:7
Teksvers: Johannes 16:7

Ons vier hierdie week die hemelvaart en volgende week Pinkster. Laat ons weer besef dat ons in ons aanbidding van God te make het met die verheerlikte Seun van God, wat nou weer by sy Vader is en wat terselfdertyd ook steeds ware mens gebly het. Hy is egter daar tot ons beswil en voordeel.

1. Wat beteken die hemelvaart van Jesus Christus vir ons? (Kyk gerus weer na u belydenis in HK Sondag 18 en 19.)

2. Waarheen het Jesus gegaan toe Hy opgevaar het en dink jy dit was vir Hom ‘n heel nuwe ervaring? (Mark 16:19; Joh 6:62)

3. Luister hoe antwoord Jesus die hoëpriester en kyk of jy die grootste belofte wat ons vandag het daarin kan vind (Matt 26:64).

4. Lees gerus die volgende verse in voorbereiding op die prediking: Joh 16:7 en 14:16; 4:34; 8:31-34;Ef 1:19-23; Fil 2:9; Hand 1:8-11

Laai af

Jesus Christus is die Rots op wie die kerk gebou is en daarom is die hel geen verskrikking vir Christene nie

Skriflesing: Mat 16:13-20
Teksvers: Mat 16:18
HK: Sondag 16

Het u al die volgende uitdrukkings geuiter of gehoor? My lewe is hel? Vandag het ek hel beleef? Dit is hel hierdie?

Nou as iemand so iets sê, of so ‘n uitdrukking gebruik, weet ons dat iemand sê, sy lewe is op die oomblik glad nie lekker nie, inteendeel, sy lewe is hel, daar is geen vooruitsig nie, daar is net swaarkry en sleg in sy lewe.

Ons bely in die twaalf artikels dat Jesus het neergedaal na die hel, ter helle neergedaal het of ook die angste van die hel ondergaan het. Jesus Christus het self belowe:

Mat 16:18 “En Ek sê vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my kerk bou, en die magte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie.”

Laai af

Geseënd is elkeen wat die Woord bewaar

Skriflesing: Op 22:1-22
Teksvers: Op 22: 7, 14

Die sewe seënspreuke van Openbaring word voltooi met die laaste twee in die laaste hoofstuk van die boek en daarmee ook van die Bybel. Die sesde seën is ‘n teruggryp na die eerste: “Geseënd is elkeen wat die woorde van die profesie van hierdie boek bewaar” en dan die laaste seën wat merkwaardiglik in die grondteks op twee maniere oorgebring is.

Die UBS teks lees: “Geseënd is hy wat sy kleed was” soos vertaal in die ’83 vertaling maar die Textus Receptus lees “Geseënd is hy wat sy gebooie doen” soos die ’53 vertaling.

Ons staan vanoggend stil by die tema: Geseënd is elkeen wat die Woord bewaar. Amen

Laai af

« Older posts Newer posts »