Skriflesing: 1 Kor 15
Teksvers: 1 Kor 15:17

Vandag saai ons weer regstreeks volwaardige eredienste uit vanuit ons eie kerkgebou. Ongelukkig weens die buitengewone omstandighede wat wêreldwyd heers kan ons nie almal kerk toe kom nie. Ons sal nog ‘n tydjie hiermee moet saamleef totdat die C19-bedreiging oor is.

Dit lyk of die digter van Ps 84 ook weens buitengewone druk of omstandighede verhinder is om sy pelgrimsreis na die tempel in Sion (Jerusalem) te onderneem. Dit veroorsaak egter ‘n bepaalde verlange en ernstige gemoedstoestand, wat hy hier eerlik voor die Here uitspreek

Voorbereidingsvrae:

  1. Op wie of wat is die digter so ‘jaloers’? Waarom?
  2. Watter Name van God kan jy hier onderskei en tel, en wat kan dit beteken?
  3. Wat beteken vers 11?

Laai af