Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Matteus (Page 1 of 17)

Jou Hart is waar jou Skat is…

Skriflesing: Matteus 26:1-16; Kronieke 29:1-22 (2020)
Teksvers: Matteus 26:8

Ons dink verder na oor die betekenis om TOT God te leef. Dit is ten eerste om te verstaan wat is die doel van ons lewe, om God te eer, om tot lof van sy heerlikheid te leef, maar daarmee saam ook waarin ons vreugde vind, in God self. 

Dit word duidelik en sigbaar in die openbaring van ons hart. Hier in Matteus 16, by die bekende gedeelte van Maria wat Jesus salf, vind ons twee teenpole van die mens se hart en ons staan vervolgens stil by: 

1. Die hart van Jesus. 
2. Die hart van Maria. 
3. Die hart van Judas. 

Die enigste uitweg, God se oordeel word voltrek

Skriflesing: Matteus 27:11-56 (1953)
Teksvers: Matteus 27:46
HK: Sondag 15

Ons HERE Jesus, is die Christus. Hy is die Gesalfde van God. Hy is vol van genade en waarheid. Die afdruksel van die wese van God. Hy is alle lof waardig. Maar tog as ons na Hom kyk sien ons een wat onder die hand van mense en God ly. 

Sondag 15 beskryf hierdie lyding as die toorn van God wat Christus as regverdige oordeel, in ons plek moes dra. Hy dra dit, vasgenael aan die vervloekte boom. Daar word God se oordeel voltrek en roep Hy uit: “My God, my God waarom het u my verlaat?”. 

Dit is die enigste uitweg uit die ewige verdoemenis. Glo jy dit?

Juda is nie gering nie

Skriflesing: Matteus 2:1-12 (2020)
Teksvers: Matteus 2:1-2

Soos u weet is daar slegs in twee van die vier Evangelies die beskrywing van Jesus se geboorte. Dit laat ‘n mens aan die een kant wonder of die Evangelieskrywers werklik soveel gemaak het van Jesus se geboorte soos wat ons vandag van Kersfees maak. 

Markus begin sommer direk by Jesus se openbare optrede, en Johannes het ‘n totale ander aanslag in die beskrywing van hoe die Messias, die beloofde Verlosser se koms op die wêreld van belang het. 

Ons kyk vanaand na die beskrywing vanuit die Ou testament oor die menswording van ons Heiland 

Gebruik jou gawes om die genade uit te deel

Skriflesing: Matteus 14:1-21 (1983)
Teksvers: Mat 14:16

Ons bekyk vanaand die wonder van die eerste vermeerdering van die brood en vissies. Hierdie perikoop vertel nie net dat Jesus mag het oor alles en brood kan vermeerder nie. Ja Hy kan vir die biddende gelowiges alles voorsien wat hulle benodig. 

Ons hoop egter om met die oog op die komende nagmaal (oor twee weke) nog dieper te kyk en raak te sien dat Jesus gesterf het om vir ons die hemelse brood van die lewe te gee, sodat ons dit kan uitdeel vir die hongeriges van hierdie wêreld. 

« Older posts