Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Etiket: Sondag 4

Die oordeel van God bevry

Skriflesing: Jona 3:1-4:11
HK Sondag 4
Teksvers: Jona 3:10; 4:1

Een van die belangrikste regsbeginsels is dat jy nooit regter kan wees in jou eie saak nie. ‘n Hele land se regstelsel kan inmekaar stort as gevolg van die misbruik van hierdie enkele reël. Uit God se Woord leer ons dat Hy Wetgewer en Regter is. Hy maak die wette en Hy beoordeel dit. Hoe is dit tog moontlik? As ons as mense God se wet oortree dan kan God nie terugdraai op sy eie Woord en die sonde ongestraf laat bly nie… Ons staan vanaand stil by die tema dat God se oordeel bevry.

God is regverdig om sonde te straf

Skriflesing: Job 34:1-37
Teksvers: Job 34:10-12
HK: Sondag 4

Is God nie onregverdig deur van ons as mense te verwag om in liefde te leef as ons van nature geneig is om God en ons naaste te haat? As God dan ‘n God van liefde is, waarom wil Hy die sonde straf? Is my lewe reg voor God, en sal God my ook straf vir my sondes? 

Baie gelowiges worstel met hierdie lewensvrae, net soos Job. Hy was oortuig dat God hom onregverdig behandel en laat swaar kry sonder dat hy dit verdien… 

Ons staan vanaand stil by die dieptepunt van ons belydenis oor ons sondeskuld dat God regverdig is om ons sonde te straf. 

God straf ons sondes en daarin is God absoluut

Skriflesing: Job 34:10-30
Teksvers: Job 34:10b

Ons lees in 1 Kor 8:1:

1983 “Kennis maak verwaand, maar liefde bou op.”
1953 “Die kennis maak opgeblase, maar die liefde stig.”
NIV “But knowledge puffs up while love builds up.”

Dit is so belangrik om kennis te hê van onsself, ons eie sonde en ellende en hoe God daarmee handel en wat ons daaromtrent moet doen.

  • Sondag 2 handel oor die OORSPRONG van ons sonde.
  • Sondag 3 handel oor die OMVANG van ons sonde.
  • Sondag 4 handel oor die STRAF van ons sonde.

Dit handel hier oor die Regverdige Oordeel van God oor die mens. Job het aanhou sê dat hy onskuldig is. Job wou homself teenoor God handhaaf. Hy het al daarmee begin toe hy sy geboortedag vervloek het. Daar was redenasies met God en raad van sy drie vriende, maar uiteindelik het hulle stilgebly voor God.

Ons gaan na drie sake kyk:

1 God is nie onregverdig nie.
2 God straf die sonde.
3 God is barmhartig EN regverdig.

Laai af

Erfsonde en die gevolge vir die mens

Skriflesing: Romeine 5
Teksvers: Rom 5:12-14
DL: Hoof 3 en 4: Punt 1-3
HK: Sondag 2-4

Die Dortse Leerreëls (DL), hoofstuk 3 en 4 handel hoofsaaklik oor drie aspekte, nl:

  • Die verdorwenheid van die mens,
  • Die bekering tot God en
  • Die wyse waarop die bekering tot God plaasvind.

In die prediking sal daar vanuit Romeine 5 na die erfsonde en die gevolge vir die mens gekyk word. Die reformatoriese kerke wat die erfsonde bely, staan teenoor mense wat:

  • Glo dat die mens van nature goed gebore is
  • en teenoor mense wat dink dat die bose wat in die mens se hart is, bloot aangeleerde slegte gedrag is.

Voordat ‘n gelowige kan smag na verlossing, is dit nodig om eers te weet hoe gebroke die mens sonder Jesus Christus is.

Laai af