Skriflesing: Ps 121
Teksvers: Ps 121
HK Sondag 21 vr 54
Hierdie Psalm is deur die Pelgrims gesing op pad na Jerusalem.
Hulle het dit gesing om daarmee te erken, God is hulle enigste hulp en hoop. So is die Here vir al die eeue die Beskermer van sy kerk. Die poorte van die hel sal dit nie oorweldig nie. Niks sal God se kerk van Hom af kan wegruk nie. Want wie kan voor God bly staan?
- God beskerm sy kerk.
- God beskerm sy kerk op aarde.
- God beskerm sy kerk tot in die hemel.