Kategorie: Nuwe Testament (Page 100 of 129)
Skriflesing: Hand 2:7-18
Teksvers: Hand 2:17
HK: Sondag 14
Ons kan Jesus nie leer ken deur middel van … karakterontleding, historiese navorsing, of ’n sielkundige ondersoek, of evaluering nie.
Ons kan Jesus nie in menslike kategorieë plaas soos bv die vier temperamente nie nl. choleries, sanguinies, melankolies en flegmaties nie.
Ons kan Jesus nie probeer ontleed as ‘n historiese figuur met hierdie en hierdie en hierdie eienskappe nie.
- Hoekom kan ons dit nie doen nie?
Want Jesus Christus was terselfdertyd, waarlik God, en waarlik mens. 1 Joh 5:20; Heb 2:14
MAAR JESUS CHRISTUS KEN ONS VOLKOME!
Omdat Hy waarlik mens was, is “Hy ons Middelaar wat met sy onskuld en volkome heiligheid my sonde waarin ek ontvang en gebore is, voor God bedek.”
Skriflesing: Romeine 8:31-39
Teksvers: Romeine 8:34
Die agtergrond van die skrywer van Romeine is Paulus die regsgeleerde. Die brief is soos ‘n verslaggewer van ‘n hofsaak.
Hy begin by die aanklag daar is geen verdediging nie, daar is geen versagtende omstandighede nie, daar is geen appél nie, net skulderkenning.
Die uitspraak is: Skuldig tot die dood. Die vonnis is uitgespreek maar, dit is wat Paulus so mooi maak, dan tree die Advokaat na vore en verloop die hofsaak in die guns van God se kinders.
Jesus Christus tref die kol!
Skriflesing: 1 Petr 1:17-21; 1 Petr 2:9
Teksvers: 1 Petr 1:17-21; Joh 20:28
HK: Sondag 13
Met watter respek en gesindheid en kennis praat jy oor God? Ons hoor so baie vandag, dat selfs Christene en gelowiges, met.., oor en van God praat, asof God hulle maatjie is, hulle aardse vriend, iemand met wie hulle baie familiêr kan raak. Daarom hoor ons dat mense van God praat as….
- Die Oubaas daarbo…
- Die Grootbaas…
- Die groot Oom….
- Ons Pappie…
- Van Jesus Christus as ons Boetie…
Lev_11:44 “Ek is die Here julle God. Wy julle aan my diens en wees heilig, want Ek is heilig…”
Ons gaan na drie sake kyk:
- Ons noem God ons Vader.
- Ons noem Jesus Christus die Eniggebore Seun van God.
- Ons noem Jesus ons Here.
Skriflesing: Op 20:1-15
Teksvers: Op 20:6
Die duiwel is los! Dit is die gesig wat Johannes sien op Patmos. Waar hy kort te vore in hoofstuk 19 gesien het hoe die wederkoms en eindoordeel so te sê op die randjie is om finaal aan te breek, word hy in die volgende oomblik terug gebring na die huidige tyd… Eers word die duiwel gebind en toegesluit, en dan word hy weer losgelaat. Hierdie 1000 jarige ryk (chiliasme) bring soms verwarring, maar die saak is ook eenvoudig: Voordat Christus gekom het, was die duiwel die koning van die wêreld. Met Christus se koms is die werk van die duiwel verydel. Hy is gebind, en kan nie die evangelie stop wat aanvanklik net tot die Jode gekom het nie… Maar in die laaste tyd word hy weer losgelaat voordat die finale oordeel en die wederkoms plaasvind… Ons staan vanoggend stil by die tema: Die duiwel is los, maar onder die vaandel, die heerskappy van Christus. Amen