Skriflesing: Jos 5:1-6:7
Teksvers: Jos 5:13-15
Dikwels is ons so besig met die kerk van die Here, dat ons vergeet wat kerk eintlik oor gaan. Alles gaan oor die eer van God. Waar God is betree ons “heilige grond”. Ons kan so besig wees om korrek kerkordelik op te tree, maar intussen vergeet ons Wie eintlik in beheer is. God se genade oor sy kerk is ongelooflik groot en volmaak. So het ons reeds die oorwinning behaal, maar ons moet nie ons verantwoordelikheid vergeet nie. Ons gaan na drie sake kyk:
- Josua lei die Israeliete oor die Jordaan. Jos 3:1ev
- Josua lei die Israeliete tot Besnydenis en Paasfees. Jos 5:2-12
- Die leëraanvoerder v/d Here lei self die Israeliete. Jos 5:13-15