Gereformeerde Kerk Centurion

Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Omdat die Here lief het, bring Hy hoogmoed tot ‘n val

Skriflesing: Obadja 1 (2020)
Teksvers: Obadja 1:4

Aanvanklik het die Here vir Israel gestraf, omdat hulle aan die Here ongehoorsaam was. Toe hulle egter in ballingskap weggevoer was en probeer vlug het, het die Edomiete teen die Israeliete opgetree. Volgens Jeremia 49:9-16 het die Edomiete-hulle (Esau se nageslag) teen hulle broers (Jakob se nageslag) opgetree. Die tragiek van ‘n “broer-se-nageslag” teen ‘n ander “broer-se-nageslag” word hier uitgelig. 

Die Edomiete woon hoog en veilig in hulle vesting en voel onaantasbaar, maar die Here kom en straf die nageslag van Esau omdat hulle teen die Here se volk geveg het, hulle doodgemaak het en vervolg het. Die Edomiete het in hoogmoed hulleself as onaantasbaar beskou. 

Die Here maak die mense wat in hoogmoed en selfvoldaanheid lewe, nederig. 

Jesus is uit die Heilige Gees gebore

Skriflesing: Lukas 1:26-38 (2020)
Teksvers: Lukas 1:35

In die oë van die Jode is Nasaret nie ‘n noemenswaardige plek nie. Inteendeel dit word verag, want sê hulle: Kan daar iets goed uit Nasaret kom? In hierdie eenvoudige dorpie in ‘n eenvoudige huisie woon ‘n arm en eenvoudige plattelandse meisie wat opreg is in haar geloof en godsdiens! 

Skielik verskyn die engel Gabriel aan haar! Dit is ‘n verskyning wat sy in die minste verwag het en nog meer as dit, is die woorde van die engel vir haar sê: “Wees gegroet begenadigde! Die HERE is met jou, geseënd is jy onder die vroue” 

Nuus

(Last updated on Desember 15th, 2025)

Eredienste

09:00 en 18:00 eredienste word hier uitgesaai in beeld en hier uitgesaai in klank.  
11:00 Alethea Outreach service can be followed here .

Ons gee om vir mekaar:

  • Martie Malan sterk tuis aan na ‘n val waar haar been gebreek is (B7). 
  • Wilna Algera gaan vir knievervanging (B6). 
  • Ellie Klöckner het ’n draai in die hospitaal gemaak (E1). 
  • Hennie Jv Rensburg ondergaan komende week ’n galblaas-operasie te Groenkloof Life (B9). 
  • Lou Venter ondergaan bestraling waarna hy na ’n stepdown gaan (C11).
  • Attie Pretorius sterk aan in Pretoria-Oos hospitaal na ’n voetoperasie (A6). 
  • Dit gaan nie goed met Bets Wallace se gesondheid (B16). 
  • Rita vd Vyver sterk aan na ’n beroerte (A6). 
  • Renier vd Merwe sterk tuis aan na ’n operasie (A18). 
  • Dalene Strydom sterk tuis aan na ’n rugoperasie (C5). 

Ons lidmate word aan die liefdevolle versorging van die Here opgedra 

“…die Here sal my onder sy sorg neem.” Ps 27:10

Baie Geluk

…met die huweliksbevestiging: 

  • Aydan en Megan de Jong. 
  • Hercules en Janke Aucamp. 

Die Kommunikaatjie

Lees dit hier

Kollektes

…kan afgedra word d.m.v EFT (bankbesonderhede in ‘n kommunikaatjie) of met Zapper. Vir QR-kodes kliek hier.

Juda is nie gering nie

Skriflesing: Matteus 2:1-12 (2020)
Teksvers: Matteus 2:1-2

Soos u weet is daar slegs in twee van die vier Evangelies die beskrywing van Jesus se geboorte. Dit laat ‘n mens aan die een kant wonder of die Evangelieskrywers werklik soveel gemaak het van Jesus se geboorte soos wat ons vandag van Kersfees maak. 

Markus begin sommer direk by Jesus se openbare optrede, en Johannes het ‘n totale ander aanslag in die beskrywing van hoe die Messias, die beloofde Verlosser se koms op die wêreld van belang het. 

Ons kyk vanaand na die beskrywing vanuit die Ou testament oor die menswording van ons Heiland 

Volkome Blydskap is Alleen in Christus

Skriflesing: Filippense 2:1-11 (2020)
Teksvers: Filippense 2:5-8

Ons blydskap moet volkome wees, dit is die oproep. Om waarlik vreugde te vind in hierdie gebroke en stukkende wêreld is nie maklik nie. Wanneer ons beledig of verneder word, is dit ons tot skande. 

Ons Here Jesus Christus is anders, Hy het Homself verneder, Hy het Homself ontledig, en ‘n mens, ‘n slaaf geword, om te dien. Die inkarnasie, waar Jesus as die ewige ware God, mens word, is die ondenkbare vernedering wat ons nie self kan dra nie. 

Daarom kan ons blydskap alleen volkome wees in Christus. 

« Older posts