Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: 1 Korintiërs (Page 1 of 6)

Inklusiewe evangelie, eksklusiewe kerk

Skriflesing: 1 Korinthiërs 5 (2020)
Teksvers: 1 Korinthiërs 5:7

1. DIE PROBLEEM IN KORINTHE – Die eerste konkrete probleem in Korinte toon Paulus aan. Hy koppel dit aan die verwaandheid en trots van die lidmate van die kerk.. 

2. DIE OPLOSSING VIR KORINTHE – ‘Verwyder die ou suurdeeg.’ Die tug moet toegepas word. Die ou suurdeeg moet die gemeente uit 

3. DIE OPDRAG AAN KORINTHE – ‘Laat ons daarom feesvier.’ Ons is die Here innig dankbaar vir die verlossing wat ons ontvang. Dit is die opdrag wat ons vanaand saamvat. 

Volg jou Koning in sy oorwinning

Skriflesing: Psalm 24 1; Korintiërs 2 (1983)
Teksvers: Ps 24:4; 1 Kor 2:14

Paulus vergelyk ons lewe met die optog van ʼn Romeinse generaal wat van sy veldslae af terugkom in Rome: Sy oorwinningsviering of segetog. 

Kyk gerus op internet na die ‘Arch of Titus in Rome’ om te sien hoe lyk die triomfboog van Titus, nadat hy in die eerste eeu feitlik al die volke en opstande in Midde-Ooste onderdruk en oorwin het. 

Is ons lewe as gedoopte gelowiges een van oorwinnaars en selfs méér as oorwinnaars? 

Die kruisiging van Jesus Christus is die spilpunt van ons verlossing

Skriflesing: 1 Kor 2: 1-5 (2020)
Teksvers: 1 Kor 2:2

In ons Christelike geloofslewe beklee die kruisiging van Jesus Christus ‘n baie sentrale plek. Inderdaad is die kruisiging van Jesus Christus die spilpunt waarom ons verlossing draai. Sonder die kruisiging, die dood, die oordeel, die vloek en straf wat Jesus Christus op Hom geneem het, sou daar geen troos of hoop vir ons gewees het nie. 

Mag jy weer nadink oor die rede waarom Jesus gekruisig is en gesterf het. Mag jy by hernuwing dankbaar wees dat die Here dit beskik het, en dat Jesus Christus vrywillige gewillig was, om die verlatenheid van God en mense aan die kruis deur te gaan. So alleen kan ons verseker wees dat Hy die straf en oordeel wat ons moes toekom, op Hom geneem het en aan ons die sekerheid kom gee het dat God ons nooit sal verlaat nie. 

Onder die Wolk en Deur die See

Skriflesing: 1 Korintiërs 10:1-14 (2020)
Teksvers: 1 Korintiërs 10:1-4

Die verlossing uit Egipte is nie alleen die bevryding van die volk uit die slawerny en onderdrukking van Egipte nie, daar is ook ‘n dieper geestelike betekenis van die doop en die nagmaal. Die wyse waarop die 10 plae die Egiptenare tref, en veral die duisternis en die dood van die eersgeborenes met die bloed van lammers teen die deurkosyne is baie bekend. 

Wat egter nie so duidelik is nie, is die simboliek van die wolk en die see, waardeur die Israeliete bevry word. Hier in Korintiërs verduidelik die apostel aan ons die belangrikheid van God se verlossing wat simbolies vooruit getuig van die werk van ons Verlosser, Jesus Christus, die ware Rots waaruit ons drink en in wie ons gedoop word om ons te bevry van die sonde. 

Ons word geroep tot gemeenskap met Christus

Skriflesing: 1 Korintiërs 1:1-9 (2020)
Teksvers: 1 Korintiërs 1:9

Ware gemeenskap is meer as net die woord Koinonia. Van die begin af, toe God die mens geskep het, het Hy reeds in gemeenskap met Homself geleef as Vader, Seun en Heilige Gees. Die skepping van die mens was om in hierdie gemeenskap met God te deel. Deur die sonde is hierdie gemeenskapsverhouding met God tot niet, en skynbaar onherstelbaar verbreek. 

Deur Jesus Christus word ons geroep tot ware gemeenskap met God. 

« Older posts