Skriflesing: Matteus 27:11-56 (1953)
Teksvers: Matteus 27:46
HK: Sondag 15
Ons HERE Jesus, is die Christus. Hy is die Gesalfde van God. Hy is vol van genade en waarheid. Die afdruksel van die wese van God. Hy is alle lof waardig. Maar tog as ons na Hom kyk sien ons een wat onder die hand van mense en God ly.
Sondag 15 beskryf hierdie lyding as die toorn van God wat Christus as regverdige oordeel, in ons plek moes dra. Hy dra dit, vasgenael aan die vervloekte boom. Daar word God se oordeel voltrek en roep Hy uit: “My God, my God waarom het u my verlaat?”.
Dit is die enigste uitweg uit die ewige verdoemenis. Glo jy dit?