Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Etiket: Sondag 5

Een soos ons, maar met medelye

Skriflesing: Hebreërs 4:14 -5:10 (1983)
Teksvers: Hebreërs 4:15,16
HK: Sondag 5

As ons by HK So 4 verby wil kom (die strawwende God), het ons iemand nodig wat werklik in ons plek kan staan. Waarlik een soos ons, maar ook een groter, beter en meer liefdevol as enige van ons. 

Die nagmaal herinner ons vandag weer dat daar wel so iemand bestaan… ons groot Hoëpriester wat deur God geskenk is en wat aan ons gegee is om in ons plek voor God te staan. 

Kom ons gaan dan met groot vrymoedigheid (Gr: paressia) as vrygekooptes en met die toegangsregte wat Hy verkry het, na sy troon van genade (en geregtigheid) en gaan sit aan sy nagmaalstafel. Beleef daar sy verbondsliefde wat nooit ophou nie. 

Hemel op aarde

Skriflesing: Genesis 18:16-33
Teksvers: Genesis 18:17-19
HK Sondag 5

Die paradys is verlore, die tuin van Eden is vir die mens gesluit. Die enigste manier hoe die mens ooit weer in die hemel kan kom, is om te betaal. Maar die hemel se hek-fooie is duur. Dit is so duur, dat jy dit nie kan bekostig nie. Want die prys om in die hemel te kom, moet jy betaal met jou lewe. Nou sit die mens met ‘n geweldige groot krisis. Daar is ‘n manier om die verlore paradys terug te kry, maar die prys is onmoontlik.

Ons staan vanaand stil by Abraham se gebed vir Sodom en Gomora waarin hy pleit vir God se geregtigheid om te geskied. So sien ons hoe God weer die hemelse belofte op aarde herstel.

Wat het jy om te gee?

Skriflesing: Markus 8:34-38 (OAV 1953); Psalm 49
Teksvers: Psalm 49:8,16
HK Sondag 5

8. Een mens kan tog nie ‘n ander loskoop van die dood en aan God ‘n losprys vir hom betaal nie? 

9.Die prys vir ‘n mens se lewe is te hoog. Wat hy kan betaal, sal nooit genoeg wees 

10. dat hy vir altyd sal lewe en die dood nooit sal smaak nie. 

16. Maar vir my sal God loskoop uit die mag van die dood; ek sal aan Hom behoort.