Skriflesing: 1 Sam. 15
Kategorie: 1 Samuel (Page 1 of 2)
Skriflesing: 1 Samuel 2 (1983)
Teksvers: 1Sam 2:6 (Deut 32:39)
Die dood loop saam met ons soos ons skaduwee. Gelukkig hoef ons nie heeltyd daaroor te dink en morbied te raak nie. Oor ons sterwe as gelowiges kan op baie maniere praat wat nie so neerdrukkend is nie.
Vrae oor die dood, die mag daaroor, die redes daarvoor en die regverdiging daarvan, soos in tye van oorlog en lyding, kom nogal gereeld na vore. Wat van selfmoord, aborsie, genadedood en sulke etiese kwessies….?
Kom ons besef weer wat geld as beginsels vir gelowiges oor die saak van lewe en dood.
Dan eer ons Hom wat in die hemel daaroor regeer en gee ons onsself én ons geliefdes oor aan Hom wat die God is van die lewendes en die dooies, vir ewig.
Skriflesing: 1 Samuel 12 (2020)
Teksvers: 1 Samuel 12:20 en 21
As jy iets wou hê of iets wou doen, wat jy voor jou siel weet, verkeerd is en in stryd is met die Here se wil?
Die Israeliete wou graag soos die omliggende volke graag ook ‘n menslike koning hê, terwyl hulle die beste Koning van alle konings het. Hulle weet dit is teen die Here se wil, maar tog soek hulle ‘n koning wat meer sigbaar vir hulle sal wees. Wanneer Samuel met hulle praat en sê dat die Here aan hulle versoek sal voldoen, al is dit verkeerd in sy oë, en dan waarsku Samuel die koning en die volk om die Here te bly dien, anders sal die Here hulle straf.
Die gevolge van verkeerde en sondige besluite, besluite wat teen die wil van die Here, deur die Here toegelaat is, sal na gekyk word. Wat doen mense as hulle verkeerde besluite geneem het en wat die Here doen as ons verkeerde besluite geneem het?
Skriflesing: 1 Samuel 10
Teksverse: 1 Samuel 10:6
In die konteks van vanjaar se tema “Die nuwe lewe in Christus” sal ons ‘n oomblik kyk na die veranderde Saul soos God hom voorberei het vir die koningskap in Israel. Kyk na die betekenis van die drie tekens wat sy roeping en salwing deur die Gees vergesél het.
Miskien moet ons gewoond raak aan die veranderinge wat God in ons lewens wil bewerkstellig, sodat ons meer en meer die veranderde mens kan word wat Hy ons bedoel het om te wees.
Is jy gereed om te verander en is jy bereid om die roeping te aanvaar om die ware Christen te wees wat God vir jou en my in gedagte het. Hou aan bid vir die kragtige ingryping van die Heilige Gees om ‘n ander persoon te word in die werklike sin wat God wil.
Skriflesing: 1 Samuel 16 (2020)
Teksvers: 1 Samuel 16:7
As mense is ons geneig om met die eerste oog opslag ‘n opinie te vorm.
Sommige mense maak onmiddellik ‘n indruk op ons met hoe hulle lyk. Hierdie indruk is egter nie altyd ‘n getroue weerspieëling van die werklikheid nie.
Samuel kry die opdrag om na Isai se huis te gaan om ‘n nuwe koning te salf, en met sy eerste indruk van Eliab, dink hy hier staan die nuwe koning.
Maar die HERE kyk anders as mense.
Skriflesing: 2 Sam 24:1-25; 1 Kron 21:1-27; 1 Kor 10:13; Jak 1:12-18; Mat 4:1-3
Teksvers: 1 Sam 24:1,2,10,14
Satan het gedink dat hy Jesus kon verlei deur Hom te versoek met drie sake. Maar die oorwinning is deur Jesus Christus behaal deurdat Hy aan geen versoeking toegegee het nie, inteendeel, Hy het die Satan tereggewys uit die Woord. So kom daar dikwels in ons lewens, versoekinge van Satan, van die wêreld en van ons eie begeertes, wat ons moet weerstaan. Daar kom ook beproewinge van God waar God aan ons krag gee om dit te weerstaan.
Ons gaan na drie sake kyk. Ons gaan na drie sake kyk:
- Verkeerde trots lei tot versoekinge. 2 Sam 24:1-9
- Ware dankbaarheid lei tot bekering. 2 Sam 24:10-14
- Bekering lei tot genade. 2 Sam 24:15-25