Skriflesing: Nehemia 8:1-19
Teksvers: Nehemia 8:11
Uit die lewe van Dawid het ons gesien hoe dit hom bly maak om die Here te dien. Maar na Dawid gesterf het, het dinge in Israel erg skeef geloop. Die stamme is in twee ryke verdeel en die godsdiens in Israel en Juda verval tot materialisme.
Nie net is Israel in ballingskap weggevoer na Assirië nie, ook Juda is na Babel. Na 70 jaar in ballingskap kom daar van die ballinge terug om Jerusalem en die tempel te herstel. Onder Serubabel sukkel dit, en Sagaria en Haggai wys die mense op hulle dubbele standaarde. Hulle bly in betimmerde huise, maar die tempel lê stukkend. Die volk herstel die tempel, maar die mure van die stad is nog stukkend.
Dit is op navraag wat Nehemia, die skinker van die koning van Babel, hoor dat dinge in Jerusalem nie goed gaan nie. Tot nog toe was Nehemia te vrede met sy luukse lewe in die heidendom. Hy besef hy kan nie stilsit en maar net toekyk hoe die kerk tot niet gaan nie… Ons staan vanoggend stil by die voltooiing van die mure as die volk die wet vir die eerste keer in ‘n lang tyd hoor en hulle reaksie op God se genade… Amen