Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Johannes (Page 1 of 15)

Om regtig te kan sien

Skriflesing: Joh 9: 1-17, 34-41 (2020)
Teksvers: Johannes 9: 2-3
HK: Sondag 10

In Johannes 9:2 vra Jesus se dissipels Hom uit oor die rede waarom ‘n man wat hulle sien blind is. Hulle neem aan dat blindheid ‘n gevolg van sonde in die persoon se lewe is, maar omdat die man van geboorte af blind is, is hulle nie seker of dit sy eie sonde kan wees wat dit veroorsaak het nie, en of dalk die gevolg van sy ouers se optrede. 

Uit die Here se antwoord blyk egter baie duidelik dat hulle vraag en die aanname wat hulle daarin maak nie rekening hou met die voorsienigheid van God nie. Die besef dat alles in God se hand is en Hy ‘n doel met alles het, mag nie verruil word vir ‘n geloof in bloot oorsaak en gevolg nie – dat goeie of slegte dinge noodwendig volg op hoe ‘n mens lewe of glo nie. 

1. Oorsaak van swaar 
2. Doel van swaar 
3. Insig in swaar 

Here, ek het niemand…

Skrifgedeelte: Johannes 5:1-15
Teksverse: Johannes 5:6-7

Om niemand te hê nie, is seker een van die moeilikste dinge wat ‘n mens kan ervaar. As niemand aan jou kant wil wees nie, as niemand met jou wil deel nie, as niemand op jou ag gee nie. So het hierdie man vir 38 jaar lank gewag vir ‘n geleentheid om in die bad te klim by die roering van die water, sodat hy gesond kan word. Maar hy het niemand, tot op daardie dag wat Hy die verlosser ontmoet…

Geseënde Kersfees

Skriflesing: Johannes 1 (1983)
Teksvers: Johannes 1:14
HK: Sondag 13,14

Ons is dikwels vinnig om ander se sonde raak te sien. Esegiël 8 herinner ons dat God eers die geheime kamers van ons eie harte ondersoek. Die tragiese werklikheid is dat dieselfde sonde wat Esegiël ontbloot het, eeue later weer deur Jesus in die Tempel uitgewys word: wanneer eie belange, veiligheid en voortbestaan belangriker word as God se wil.
Daarom moet ons, voordat ons ander oordeel, vra: Watter afgode koester ek nog in my hart? Ware bekering begin wanneer ons toelaat dat God die donker plekke in ons eie lewe openbaar.

Die voorreg van ‘n nuwe Vader

Skriflesing: Johannes 20; Rom 8:14-17 (1983)
Teksvers: Johannes 20:17
HK: Sondag 9

Laat ons onthou dat ons in die aanddienste besig is in die leerprediking om die Heidelbergse Kategismus te verklaar. Vanaand kyk ons na die eerste sin van die Apostoliese Geloofsbelydenis: “Ek glo in God die Vader…” 

Die aanddienste gee aandag aan ons gereformeerde geloofsleer en dit sal raadsaam wees om te sorg dat ook ons groter kinders saam met u saans in die aand-eredienste kom vir hierdie onderrig. 

Vanaand bedink ons die waarde daarvan om God Almagtig as ons/jou Vader te mag hê. 

Belydenis is Getuienis

Skriflesing: Johannes 1:15-34 (2020)
Teksvers: Johannes 1:32-34
HK: Sondag 8

Die geloofsbelydenis is niks anders nie as ‘n bondige samevatting van alles wat ons as Christene moet glo. Dit sê nie alles van geloof nie, maar dit wat die Skrif in hoofsaak leer en wat nodig is vir ons verlossing. Die vraag ontstaan dan: hoe kom ons by hierdie belydenis en waaroor gaan dit? 

Dit bring ons terug na die Persoon van God. Ons leer Hom ken as een in Wese maar drie in Persone. Dit is wat Johannes sien en getuig as hy Jesus doop by die Jordaan. Hy sien en hy getuig. 

Net so word ons belydenis, ons getuienis dat ons glo. 

Met die Koning se verhoor skitter die heerlike evangelie deur menslike valshede heen

Skriflesing: Johannes 1:29-34; 19:1-16 (2020)
Teksvers: Johannes 19:14

1. MENSLIKE VALSHEDE 
a. Selfs op die “Voorbereidingsdag”! (19:14) 
b. “… weg, weg met hom!” (19:15). 
c. “… julle koning”! (19:15). 
d. “… vriend van die keiser” (19:12). 

2. DIE EVANGELIE SKYN DEUR AL DIE VALSHEDE HEEN 
a. Nie “selfs” nie, maar “juis” tydens die Paasfees. 
b. “Weg”, ja, maar Hý is die Een wat wegdra (Joh. 1:29). 
c. Nie ‘n spotkoning nie, maar die beloofde Koning. 
d. “Slegs die keiser”? Nee! Glo in die Koning wat as regter kom en wat waarlik kan vryspreek! 

« Older posts