Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Nuwe Testament (Page 98 of 129)

Christus maak ons deel van die gemeenskap van heiliges

Skriflesing: Lukas 15:11-32
Teksvers: Lukas 15:21
HK: Sondag 21

Ons ken die trilogie van verlorenheid baie goed. Die gelykenis van die verlore seun is algemeen bekend. En hoewel dit hier gaan oor die blydskap van die bekering van sondaars, sit daar ook iets in hierdie gelykenis oor hoe ons die kerk moet sien.

  1. Wat beteken die woordjie: “kerk”? NGB art 28
  2. Aan wie behoort die kerk? NGB art 27
  3. Hoeveel kerke bestaan daar? NGB art 29
  4. Waarom is dit belangrik om deel te wees van ‘n gemeen-te? HK Sondag 21

Laai af

Die groot verlange!

Skriflesing: 1 Kor 15
Teksvers: 1 Kor 15:17

Vandag saai ons weer regstreeks volwaardige eredienste uit vanuit ons eie kerkgebou. Ongelukkig weens die buitengewone omstandighede wat wêreldwyd heers kan ons nie almal kerk toe kom nie. Ons sal nog ‘n tydjie hiermee moet saamleef totdat die C19-bedreiging oor is.

Dit lyk of die digter van Ps 84 ook weens buitengewone druk of omstandighede verhinder is om sy pelgrimsreis na die tempel in Sion (Jerusalem) te onderneem. Dit veroorsaak egter ‘n bepaalde verlange en ernstige gemoedstoestand, wat hy hier eerlik voor die Here uitspreek

Voorbereidingsvrae:

  1. Op wie of wat is die digter so ‘jaloers’? Waarom?
  2. Watter Name van God kan jy hier onderskei en tel, en wat kan dit beteken?
  3. Wat beteken vers 11?

Laai af

Die betekenis en doel van die vervulling met die Heilige Gees

Skriflesing: Hand 4:23-31
Teksvers: Hand 4:31
HK: Sondag 20

Is vervulling met die Heilige Gees net vir sekere Christene bedoel?

Kan ek ook bid vir vervulling met die Heilige Gees? Hand 4:31 “Nadat hulle gebid het, het die plek waar hulle bymekaar was, geskud. Hulle is almal met die Heilige Gees vervul en het met vrymoedigheid die woord van God verkondig.”

Vra jouself die vraag af…

  • Wil ek met die Heilige Gees vervul wees?
  • Het ek al gebid om met die Gees vervul te word?
  • Hoekom wil ek met die Heilige Gees vervul wees?

EN

  • Is ek met die Heilige Gees vervul?

Ons gaan na drie sake kyk:

  1. Hoekom moet ons vervul word met die Heilige Gees!
  2. Hoe word ons vervul met die Heilige Gees!
  3. Wat is die doel om vervul te wees met die Heilige Gees?

Laai af

« Older posts Newer posts »