Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Prediker (Page 1 of 4)

Geen hondelewe meer nie

Skriflesing: Prediker 9 (1983)
Teksvers: Pred 9:4b

Ons lewe is volgens die Prediker maar verganklik en redelik doelloos en sinloos. Hy vergelyk ons lewe eintlik met n hondelewe. Alles loop uit op die dood! 

Die evangelie in Christus het hier ‘n verskil kom maak vir hulle wat in Hom glo. Met hulle wat nie glo nie moet ons eintlik simpatiseer, want alhoewel sommige vir hulleself ‘n lekker plekkie in die son hier op aarde uitgesoek het, lê hulle so ewe vals gerus in hulle tydelike geluk en voorspoed vas aan die slaap en weet nie dat hulle op ‘n vreeslike einde afstuur nie. Dan is die siniese Prediker se raad om maar net die beste te maak van ‘n slegte saak. 

Met só min kan kinders van die Here nie tevrede wees nie! Kom ons kyk na die dooie leeu, dan kyk ons verder… 

Sinlose Sirkel of Sinvolle Lyn?

Skriflesing: Prediker 3; Galasiers 4:1-7 (2020)
Teksvers: Prediker 3:1,2,11

Die Prediker redeneer vanuit die ongeloofs-perspektief as hy sug dat alles sinneloos en tevergeefs is. So redeneer hy ook in hoofstuk 3 dat die lewe net ‘n wisselspel tussen kom en gaan en ‘n eentonige herhaling van homself is. Hy het selfs plesier en lag ondersoek as oplossing vir die dolle gejaag na nêrens (Pred 2).

Omdat hy eintlik ‘n gelowige is kan hy egter nie anders nie as om reeds vroeg in sy skrywe te laat uitglip dat daar eintlik sin is in hierdie sikliese, byna sinlose herhaling van die lewe.

Ware Vreugde Kom Uit die Handvan God

Skriflesing: Prediker 2:1-26 (2020)
Teksvers: Prediker 2:1-2

Die Prediker is nie die enigste persoon wat vreugde probeer vind in die lewe nie. Dit is die ambisie en strewe van elke mens op aarde. Wat die Prediker wel gedoen het, is om sy ondersoeke en bevindings vir ons op te skryf. En wat is sy bevinding: Alles kom tot niks.

Dit klink so negatief en sonder hoop. Waarom sal jy tog probeer om gelukkig te wees en vreugde in die lewe te vind as alles in elk geval geen betekenis het nie. Kom ons ondersoek saam met die Prediker of sy bevinding die waarheid is.

« Older posts