Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Psalms (Page 1 of 14)

Smaak en sien dat die HERE goed is

Skriflesing: Psalm 34:1-23 (2020)
Teksvers: Psalm 34:8

Om te smaak is nie net om te proe nie. Ons sal baie maal beskrywings gebruik waarin ons sintuie verwoord wat ons in ervaring beleef. Om te smaak dat die HERE goed is, beteken tog om iets te beleef, om iets te ervaar van die goedheid van ons Verlosser. 

So kan ons aan die Nagmaalstafel die brood en wyn smaak, die fisiese smaak, terwyl dit baie dieper simboliek weerspieël van God se genade en seën deur die liggaam en bloed van Christus. 

Ons staan vervolgens stil by die Nagmaal met die tema: Smaak en sien dat die HERE goed is. 

‘n Wyse Man Bou sy Huis op die Rots

Skriflesing: Psalm 18:1-6 (2020)
Teksvers: Psalm 18:2-3

Psalm 18 is ‘n wonderlike getuienis van die Here se verlossing. Dawid verkeer in groot benoudheid, sy lewe word bedreig, en hy moet vlug vir Saul. As die Here hom red, skryf hy hierdie danklied. 

Hy weet hy kan op die Here vertrou, omdat hy die Here ken. Die Here is sy rots. Sy lewe is op ‘n vaste fondament. Want Dawid weet ook baie goed sy kragte is beperk. Hy word oorweldig deur sy benoudheid en vrees vir onheil wat hom oorval. Tog aanbid hy die Here. Hy dien die Here wat lofwaardig is, en in sy nood ken hy sy Trooster. Tog weet Dawid ook hy kan op die Here vertrou wat sy gebed aanhoor. Die oë van die Here is op die regverdige en sy ore op hul gebed. 

Ons staan vandag stil by die tema: 

‘n wyse man bou sy huis op die Rots. 

Geseënd is die Siel wat Dors na God

Skriflesing: Psalm 42:1-12 (2020)
Teksvers: Psalm 42:3-5
HK: Sondag 25

My siel dors na God” Is dit nie geweldige woorde nie? Dat jou siel so dors is, dat dit uitgedroog en leeg voel, en die enigste verlange is om dit te laaf met God self. 

Ons is so geneig om te dink dat alles van die wêreld ons sielsbegeerte sal vervul. Ons dink dat geld en goed ons verlange sal stil maak. 

Hier in Psalm 42 leer ons ‘n waardevolle lewensles, God alleen is die Een wat ons siele vertroos en berusting gee. Geseënd is die siel wat dors na God. 

Sê jy, wanneer dinge verkeerd loop, steeds: “Die Here is my herder, ek ly nie gebrek nie.”

Skriflesing: Psalm 73 (2020)
Teksvers: Psalm 73:25

Kan gelowiges eerlik sê, wanneer dit baie, baie sleg gaan, dat niks hulle ontbreek nie? Wat leer die Heilige Gees in Psalm 73? 

1. Moenie in slegte tye probeer om: 

  • feite te ignoreer nie (vv. 3-14); 
  • optelsomme te maak nie (vv. 3-14) of 
  • met die verstand alles te probeer beredeneer nie (v.16). 

2. Let op jou getrouheid aan God se geslag (v.15) 
3. Hartsverandering: 

  • Hoe? (v.17); 
  • Waartoe? (vv. 14-28) 

Dit gaan nie oor jou nie

Skriflesing: Psalm 57 (1983)
Teksvers: Psalm 57:12 (1-3)

Ek onthou eendag tydens neem van ‘n groepfoto dat die fotograaf vra dat ek nou tog net moet stilstaan… “die foto gaan nie oor jou nie”, het hy gesê. Ek was bietjie afgehaal, maar die diepte van die waarheid bly my altyd by. Dis ʼn groepfoto! 

Die koninkryk is groter as sy burgers. Die bos is meer as die grootste boom. Die mens se doel is groter as die mens self! 

Miskien moet ons almal bietjie minder met onsself en ons eie dinge besig wees en ons fokus in orde kry. 

Want uit Hom en deur Hom en TOT Hom is alle dinge…! 

« Older posts