Kategorie: Nuwe Testament (Page 96 of 130)
Skriflesing: Luk 19:11-27 (Mat 24:14-30)
Teksvers: Luk 19:12-14, 27
Die wederkoms is elke dag ’n dag nader. Ook in die “goeie tye” was dit so. Ook in die tyd van Jesus Christus op aarde was dit so. Jesus was op pad na Jerusalem vir die Paasfees. Hy het aan die dissipels geleer dat Hy gedood sal word en sal opstaan (Luk 18:31-35). Dit het ’n algemene gevoel laat ontstaan dat die Koninkryk van God spoedig en skielik sal gebeur. Jesus het ook geweet dat as mense obsessief raak met die wederkoms, is hulle geneig om hulle roeping op aarde te versaak en net uit te sien na die wederkoms.
Ons gaan na drie sake kyk:
- Die Koning het sy koninkryk kom bevestig.
- Die Koning het sy koninkryk in werking kom stel.
- Die Koning het sy koninkryk kom beoordeel.
Skriflesing:Mark 1:1-11
Teksvers: Mark 1:8-11
HK: Sondag 26
Die doop het vir die gelowige ‘n groot en heerlike betekenis. Hierdie betekenis is nie net vir die babatjies wat gedoop word nie, maar ook vir elke volwasse, gedoopte, belydende lidmaat van die kerk. Dit is waar-aan ons telkens kan vasgryp, God se verbond.
- Wat is daarom prakties die betekenis van my doop?
- Jesus Christus het die doop ingestel. Mat 28:19, Tit 3:5,6:
- Die doop as belofte!
Martin Luther het uitgeroep: “Ich bin getauft auf deinen Namen”
- Wat is dan die praktiese betekenis van diegene wat gedoop is maar God se genade verwerp?
- Monopleuriese en die Dupleuriese karakter van die verbond.
- Die doop as teken van oordeel?
Hand 1:4-5
5Johannes het wel met water gedoop, maar julle sal binne ‘n paar dae met die Heilige Gees gedoop word.”