Skriflesing: Luk 19:11-27 (Mat 24:14-30)
Teksvers: Luk 19:12-14, 27
Die wederkoms is elke dag ’n dag nader. Ook in die “goeie tye” was dit so. Ook in die tyd van Jesus Christus op aarde was dit so. Jesus was op pad na Jerusalem vir die Paasfees. Hy het aan die dissipels geleer dat Hy gedood sal word en sal opstaan (Luk 18:31-35). Dit het ’n algemene gevoel laat ontstaan dat die Koninkryk van God spoedig en skielik sal gebeur. Jesus het ook geweet dat as mense obsessief raak met die wederkoms, is hulle geneig om hulle roeping op aarde te versaak en net uit te sien na die wederkoms.
Ons gaan na drie sake kyk:
- Die Koning het sy koninkryk kom bevestig.
- Die Koning het sy koninkryk in werking kom stel.
- Die Koning het sy koninkryk kom beoordeel.