Skriflesing: Lukas 2:25-35
Teksvers: Lukas 2:35b
Kategorie: Nuwe Testament (Page 123 of 129)
Skriflesing: Matteus 1:18-25
Teksvers: Matteus 1:21
Die Naam Jesus beteken Verlosser, Redder (Eng: Savior). Eintlik kom die Griekse woord: sōzō uit die militêre milieu en beteken om iemand (of selfs ‘n beleërde stad) uit diepe nood te red. Dit is ook gebruik in die seilvaart waar skepe in groot nood geraak het.
Jesus is ons Verlosser. So word Hy deur God genoem. So word Hy ook deur sy ouers en die mense genoem. Hoe noem jy Hom?
Skriflesing: Joh 20:11-31; 2 Kor 2:12-17
Teksvers: Joh 20:19, 26; 2 Kor 2:12,14
Geslote deure is nie ondeurdringbaar nie! Daar bestaan geen geslote deure vir God se genade in Jesus Christus nie, ook nie vir ‘n Evangelie wat op pad is om die wêreld te oorweldig nie! Geslote deure? Watter kan daar wees? Heidenwêreld?
Op die bestemde tyd het Jesus onder hulle kom staan, terwyl die deure nog gesluit was. Die Evangelie groei op ruïnes …
Paulus in II Kor 2 preek oor die Geopende deur vir die Evangelie! Hy getuig oor ‘n oop deur vir die Evangelie op die plek.
Die Evangelie word vandag nog verkondig in omtrent 2000 tale, op onmoontlike plekke. Die Evangelie van troos en hoop weerklink!
“So lief het God die wêreld gehad … “
Skriflesing: 2 Korintiërs 13
Teksvers: 2 Korintiërs 13:5-7
In 2 Korintiërs 13:5-7 roep Paulus onder leiding van die Heilige Gees die gelowiges van die gemeente in Korinte op om hulleself te toets en te ondersoek. Hierdie toets is ‘n geestelike toets of eksamen wat hulle nodig het om te doen. Daar is in hierdie toets twee vrae wat aan hulle gevra word: Die eerste is: Is jy werklik nog vas in jou geloof? Die tweede is: Leef jy werklik in en deur Jesus Christus?
Dit is nie altyd lekker om ondervra te word of om ‘n eksamen af te lê nie. Hierdie twee vrae is egter so belangrik vir nou en vir jou ewigheidsbestemming.
Mag die Heilige Gees jou lei om hierdie vrae eerlik te antwoord. Dit is van die mees deurslaggewende toetse of eksamens wat jy in jou lewe kan aflê.
Skriflesing: Lukas 2: 8-20.
Teksvers: Lukas 2: 14
Skriflesing: Heb 11:32-39
Teksvers: Heb 11:32-39
Geloof is sekerlik die grootste geskenk wat ons van God gekry het. Hierdie geloof is so kosbaar dat ons dit as geskenk moet koester en moet vashou en moet gebruik en alles tot eer van God. Sonder geloof kan ons nie lewe nie.
Wat doen jy met jou geloof? Koester jy dit deur nie net Bybellees nie, maar Bybelstudie. Bewaar jy dit deur aanhoudende gebede? Dank jy God elke dag vir jou geloof?
- Geloof in God is ’n geskenk van God.
- Geloof in God moet nie prysgegee word nie.
- Geloof in God hou groot beloning in.