Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Nuwe Testament (Page 122 of 129)

Koinonia met die Vader, die Seun en met medegelowiges

Skriflesing: 1 Joh 1:1-10
Teksvers: 1 Joh 1:3,4,7

Die tema van die jaar is; Ons gee om…! Hierdie omgee gaan nie oor ‘n humanisme van omgee vir mekaar en om vir mekaar om te gee omdat daar humanistiese en eerstens menslike redes is om goed te doen nie. Hierdie Koinonia of Ons gee om vir mekaar lê gewortel in dit wat die apostels en spesifiek die apostel Johannes met ons deel. Hy getuig daarvan dat hy as deel van die dissipels vir Jesus gehoor, en gesien en aan Hom geraak het. Hulle is lewende getuies van Jesus Christus wat waarlik die Seun van God die Vader is. Ons gemeenskap met mekaar is gegrond in hierdie gemeenskaplike geloof dat God ons Hemelse Vader is en ons sy kinders is. Ons het mekaar lief omdat ons dieselfde Vader het, dieselfde Verlosser en in dieselfde bootjie is as aangenome kinders van God wat uit God se genade leef.
Ons gaan na die volgende drie sake kyk:

  • Gemeenskap met God die Vader.
  • Gemeenskap met God die Seun.
  • Gemeenskap met medegelowiges.

Laai af

Broers en susters in/van die Here Jesus!

Skriflesing: Romeine 8:14-17
Teksvers: Romeine 8: 15,16

Hoekom sou ek vir jou omgee? Waarom sou ek vir enige iemand anders omgee? Ek het genoeg moeilikheid van my eie…
Miskien is dit so dat ons genoeg probleme het, maar die Here het ons in verhoudinge geskape sodat ons mekaar kan help en bystaan. Dan word groot probleme makliker opgelos.
God gee so baie vir ons om dat Hy ons grootste nood raakge-sien het en ons as sy kinders aangeneem het. En nou is ons, soos Jesus, kinders van die grote God. Hy gee ons aan me-kaar. Ons is nou broers en susters van Jesus en so ook van mekaar. Ewige familie!
Ons het mense wat vir ons omgee! En ons gee vir hulle om!

Laai af

Jesus Christus gee intens om vir sy mense

Skriflesing: Mat 14:22-33 (Mark 6:45-52; Joh 6:16-21)
Teksvers: Mat 8:27; Mat 14:33

Jesus is Here oor die hele Skepping. Jesus is alwetend, ook wat elke oomblik van die dag met ‘n mens gebeur. Ons lees in Jes 45:5-7:
“Ek is die Here, daar is geen ander nie, buiten My is daar geen God nie. Ek rus jou toe vir jou taak al ken jy My nie. Ek doen dit sodat elkeen van die ooste af tot in die weste kan weet dat daar buiten My geen God is nie; Ek is die Here, daar is geen ander nie. Ek maak die lig en skep die donker; Ek gee voorspoed en skep rampspoed. Ek is die Here, Ek doen al hierdie dinge.” Jesus gee om vir sy mense. Hy loop nie op die see en laat Petrus op die see loop om ‘n blote wonderwerk te doen nie, maar dat sodat Sy Almag openbaar kan word en Hy deur sy versoeningswerk kan toon dat ons altyd na Hom toe moet gaan vir en lewe en om te lewe. Ons gaan na drie sake kyk:

  • Jesus loop op die see
  • Petrus loop op die see
  • Jesus “loop” in ons harte

Laai af

Datum of doel?

Lees: Jesaja 9; Galasiërs 3:21-4:7
Teksverse: Galasiërs 4:4,5

Kersfees is nie ’n oorspronlike Christelike fees nie. Dit kom van die vermenging van die heidense feeste waarin die son en maan en bome aanbid is. Tydens die verklaring van godsdiensvryheid wou Konstantyn die nominale christene tegemoet kom en is verskeie heidense feeste in die christelike geloof ingebring. Die sg. ‘datum’ van Christus se geboorte word die eerste keer op die Romeinse almanak in 354nC as 25 Des aangedui.
Ons moet dus baie versigtig wees met die wyse waarop en die rede waarom ons een dag in die jaar sou afsonder om die geboorte van die Here Jesus te gedenk, terwyl die Bybel nêrens sulke voorskrifte gee nie.

Laai af

« Older posts Newer posts »