Skriflesing: Mat 14:22-33 (Mark 6:45-52; Joh 6:16-21)
Teksvers: Mat 8:27; Mat 14:33
Jesus is Here oor die hele Skepping. Jesus is alwetend, ook wat elke oomblik van die dag met ‘n mens gebeur. Ons lees in Jes 45:5-7:
“Ek is die Here, daar is geen ander nie, buiten My is daar geen God nie. Ek rus jou toe vir jou taak al ken jy My nie. Ek doen dit sodat elkeen van die ooste af tot in die weste kan weet dat daar buiten My geen God is nie; Ek is die Here, daar is geen ander nie. Ek maak die lig en skep die donker; Ek gee voorspoed en skep rampspoed. Ek is die Here, Ek doen al hierdie dinge.” Jesus gee om vir sy mense. Hy loop nie op die see en laat Petrus op die see loop om ‘n blote wonderwerk te doen nie, maar dat sodat Sy Almag openbaar kan word en Hy deur sy versoeningswerk kan toon dat ons altyd na Hom toe moet gaan vir en lewe en om te lewe. Ons gaan na drie sake kyk:
- Jesus loop op die see
- Petrus loop op die see
- Jesus “loop” in ons harte