Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Nuwe Testament (Page 119 of 129)

God se wysheid is dwaasheid in die oë van die ongelowige

Skriflesing: 1 Korintiërs 1:18 tot 1 Korintiërs 2:16
Teksvers: 1 Korintiërs 1:18, 22 en 1 Korintiërs 2:2

Paulus het Jesus as die Christus aan die skeptiese en ongelowige inwoners van Korinte verkondig. Daarom het hy hom voorgeneem om die evangelie van Jesus Christus te ver-kondig deur by die kernwaarheid van die evangelie, naamlik die kruisiging van Jesus Christus, te bly.
Die kernwaarheid van die evangelie, Jesus as die Christus en Hom as die gekruisigde, word ook deur Paulus in Galasiërs 6:14 as volg verwoord: “Maar wat my betref, mag God verhoed dat ek ooit oor iets anders roem as oor die kruis van ons Here Jesus Christus, want deur die kruis is die wêreld vir my dood en ek vir die wêreld.” Iemand het op grond van 2 Korintiërs 2:2 die prediking van die kruisiging van Jesus Christus die “dwaasheid van die prediking” genoem. Dwaas in die oë van die ongelowi-ges en tog ‘n krag van God vir elkeen wat in Jesus glo as die Christus, die gekruisigde.

Laai af

Ready, steady, go…!

Skriflesing: Matteus 28 en Hand 1:8; I Pet 3:13-17
Teksvers: 1 Petrus 3:15 (13-17)

Na die hemelvaart van die Here Jesus en die groot opdrag is die dissipels na die bokamer en daar word ‘n week later die Heilige Gees op hulle uitgestort. So kry hulle die krag van die Gees om aan hulle opdrag te voldoen: Om getuies te wees. Hierdie opdrag word al moeiliker as die wêreld die gelowiges nie meer duld nie. As vervolging kom sal dit baie moeilik wees om goeie getuies te wees.
Ons teks kom met ‘n baie besliste oproep dat ons gereed moet maak en wees vir wat aan die kom is… Die vraag wat dus gestel gaan word is: Hoe gereed is ek en jy? Miskien moet ons bietjie harder gereedmaak. Die eindtyd is hier en die aanslag van die wêreld op die kerk gaan nou net eskaleer. Is jy gereed?

Laai af

Die lewende water

Skriflesing: Joh 7:37:39 Openbaring 22:1 en 22 (Esegiël 47)
Teksvers: Johannes 7: 38

Ons gee vanaand aandag aan die betekenis van die loofhuttefees in Israel en in die Ou Testament. As ons dit verstaan kry die teks ʼn baie besonderse betekenis in terme van die uitstorting en werking van die Heilige Gees in ons lewe.
Laat ons op hierdie Pinksterfees maar weer die wonderlike krag en genade van die Heilige Gees eer en aanbid!

7:37 En op die laaste dag, die groot dag van die fees, het Jesus gestaan en uitgeroep en gesê: As iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink!
7:38 Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei.
7:39 En dit het Hy gesê van die Gees wat dié sou ontvang wat in Hom glo; want die Heilige Gees was daar nog nie, omdat Jesus nog nie verheerlik was nie.

Laai af

Wees verseker dat die Heilige Gees altyd by julle sal bly

Skriflesing: Joh 14:15-26; Joh 15:26 – 27; Joh 16:12-15
Teksvers: Joh 14: 15-17 en 25-26

Jesus is besig om sy dissipels voor te berei dat Hy binnekort na sy Vader toe gaan. Sy Vader sal vir hulle egter ’n ander Voorspraak stuur om vir ewig by hulle te wees.
Hierdie Voorspraak is die Heilige Gees. Daarteenoor sê Jesus dat die dissipels die Heilige Gees wel ken en daarom altyd by hulle sal bly en wees. Die Voorspraak, die Heilige Gees, sal hulle alles leer en hulle herinner aan alles wat Jesus vir hulle gesê het.
Is die Heilige Gees in jou daaglikse lewe vir jou ‘n werk-likheid?

Laai af

Gaan dan heen, maak dissipels…

Skriflesing: Matteus 28 en Hand 1:8; I Pet 3:15
Teksvers: Matteus 28:18-20

Dit sal onvanpas wees as ons in die week van hemelvaart nie weer aandag skenk aan die Groot Opdrag van ons Here nie. Wie die groot liefde van God leer ken het en die opdrag van God verstaan, moet ook luister na die Groot Opdrag van Here en Verlosser, Jesus Christus: ”Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels…”.
Hierdie opdrag word eerstens aan die twaalf apostels gegee en is die grondslag van die stigting van die Christelike kerk. Hande-linge vertel dan ook in meer besonderhede hoe hulle uitvoering gegee het aan hulle sendingsopdrag. As lidmate van hierdie kerk staan die opdrag steeds vir ons. Die evangelie van Christus moet uitgedra en verkondig word – deur die geroepe dienskneg-te as bedienaars van die Woord, maar ook deur elke lidmaat afsonderlik. Hierdie taak begin by jou eie huis en kring uit na almal (alle nasies) wat die Here op jou pad bring.

Laai af

Onstuitbaar word die Evangelie met Goddelike mag en krag uitgedra

Skriflesing: Handelinge 19
Teksvers: Hand 19:20

Die stad Efese was destyds bekend as ‘n bymekaar-kom-plek vir almal wat hulle opgehou het met allerlei toorkunste. Groot bygelowigheid het in daardie tyd meegebring dat mense gedink het dat allerhande towerspreuke ‘n mens se huwelik en lewe geluk-kig sou maak. Die bygelowige toorpraktyke was ook onder die gelowiges ‘n realiteit. Hulle moes leer dat die Here die praktyke van toorkuns in sy Woord verbied.
Hierdie behoefte aan stabiliteit en sekerheid bestaan vandag nog by mense. Dit bring mee dat mense vandag nog op die verkeerde plekke na sekerheid soek. Die duiwel sal enige iets probeer om mense in sy mag te kry. Hier bevestig die Here dat sy mag en krag groter is as die van die bose. Vandag nog word die evangelie wêreldwyd onstuitbaar uitgedra. By Jesus Christus is die enigste ware en blywende sekerheid.

Laai af

« Older posts Newer posts »