Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Nuwe Testament (Page 118 of 129)

Christus is die Uitkomsgewer

Skriflesing: 1 Korintiërs 10
Teksvers: 1 Korintiërs 10:13

In hierdie hoofstuk word die geskiedenis van Israel as waarskuwing en herinnering aan die gelowiges in Korinte gegee. Die gelowiges word herinner aan die afvalligheid van Israel en die gevolge daarvan. Net soos Israel, so kon die gelowiges in Korinte hulle nie verontskuldig oor hulle afvalligheid weg van die Here nie. Daarom lei die Heilige Gees vir Paulus om hulle te waarsku dat daar geen versoeking oor hulle kan kom behalwe ’n menslike een nie. God is egter getrou. Hy sal nie toelaat dat die gelowiges bo julle vermoë versoek word nie, maar die Here sal saam met die versoeking ook uitkoms gee, sodat hulle die versoekings sal kan verduur.

Laai af

Hart van vrede in oordeel en genade

Skriflesing: Romeine 9
Teksvers: Romeine 9:22-24

Glo jy dat die Here altyd regverdig is? Dat wat Hy ookal doen of besluit regverdig is? Die enigste verskil tussen ‘n gelowige en ongelo-wige is God se genade. Sy genade is sy genade. Niemand van ons verdien enige genade nie. Die wat gered word, kan maar net die Here dank vir sy genade. Dit is ‘n genade om God se vredeshart te kan hoor en tot inkeer te kan kom. Die wat verlore gaan, kan hulleself maar net blameer. God is nie daarop uit om mense te vernietig nie. Hy het nie ‘n vendetta teen die mens nie, maar bied vir die mense die lewe.

Die getroue Verbondsgod het sy wil van genade aan ons in sy Woord geopenbaar. Sy wil is dat mense in Christus tot inkeer en bekering sal kom. In Christus fokus Hy op die nadertrek van mense en nie op die wegstoot van mense nie.

Mag jy weet dat die Here met ‘n vredeshart met alle mense besig is. Hy bied sy genade aan. Geseënd is jy wat die roepstem van die Heilige Gees hoor en binne God se genade in Christus kan lewe. Die wat vir sy genade “nee” sê, sal ewig lewe sonder Christus. Daar is immers net ‘n lewe in Christus of ‘n lewe sonder Christus.

Laai af

Volhardende godsdiens teenoor kitsgodsdiens!

Skriflesing: Jak 5:7-11
Teksvers: Jak 5:7-11; 1 Petr 5:10

Ons lewe in ’n wêreld waar alles vinnig, maklik, gebruikersvriende-lik en sonder moeite moet geskied. Daarom is daar kitsrestauran-te, kitskos, kitsbanke, kitsgeluk, kitsrykdom, kitsantwoorde… maar daar is ook ’n soeke na kitsgodsdiens.

Kitsgodsdiens is waar “godsdienstige verbruikers” op soek is na ’n God wat hulle blitsvinnig kan help en tot hul diens is. Goedvoel-godsdiens, kitsgodsdiens, kitsgeloofsantwoorde, kitsgesondheid. Oppervlakkige godsdiens wat geen diepte het nie. Hierdie gods-diens is oppervlakkig. God vra van ons volharding en opregtheid en diepte. Daar is ook swaarkry wat lei na opregte geloof.

Ons gaan na drie sake kyk:

  1. Volhard in die geloof onder beproewings.
  2. Volhard soos boer, profete en Job.
  3. Volhard en weet dit is God wat die krag daartoe gee.

Laai af

Baie sal…!

Skriflesing: Matteus 8:1-17
Teksvers: Matteus 8:11

Dit is nogal ‘n groot voorreg om in verre lande rond te reis. Na die toer in Europa op die spore van die Reformatore het mens net weer onder die indruk gekom dat ons nie so alleen in die wêreld is nie. Daar is baie ander mense. Mense wat heel an-ders is. Mense wat anders dink en doen. Baie mense. Miljoene. Biljoene.
En tog kan jy soms so alleen voel. Dink dat jy alléén glo. Totdat jy skielik besef dat daar voor jou baie ander was wat geglo het. En ook baie op allerlei ander plekke is daar mense wat net soos jy/ons glo en geglo het!
Ek glo waarlik aan die heilige algemene Christelike kerk! Ek glo aan die gemeenskap (koinonia) van die heiliges!

Laai af

Broederlike liefde is egte liefde

Skriflesing: 1 Johannes 3:18-24
Teksvers: 1 Johannes 3:18

In hierdie gedeelte praat die Here oor die liefde wat ‘n praktiese werklikheid vir die gelowige behoort te wees. Broederlike liefde is egte liefde, as dit liefde is soos dié van Jesus Christus. Hy het uit liefde sy lewe vir die gebroke sondaar gegee. Hierdie gedeelte spoor die gelowiges aan om Jesus na te volg deur liefdesdade vir hulle medegelowiges.
Liefde word in hierdie gedeelte omskryf as dade wat in ‘n opregte gesindheid gedoen word. Hy raak ook geloofseker-heid en skuldgevoelens in die gedeelte aan.
As jy in Jesus Christus glo, kan jy met vrymoedigheid tot God nader en ook kom aansit aan die nagmaaltafel van die Here. Geseënde nagmaal vir elkeen wat in Jesus Christus glo.

Laai af

« Older posts Newer posts »