Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Nuwe Testament (Page 120 of 129)

Lewe as Christen met ‘n oop hart teenoor jou medegelowiges

Skriflesing: Filemon 1
Teksvers: Filemon 1:10 -11

Die Evangelie van Jesus Christus kan gesien word as ‘n onoortreflike voorbeeld van Christelike liefde.
In hierdie brief ontferm Paulus hom oor Onesimus. Hy doen ook voorspraak vir hom by Filemon, sy eienaar. Hy doen dit op so ‘n manier asof dit hyself is wat Filemon skade berokken het.
Sonder enige dwang op Filemon, pleit Paulus op grond van God se ontferming in Jesus Christus vir genade, vergifnis en liefde van Filemon aan Onesimus.

Laai af

Mag die Here se wysheid en kennis jou stukrag in die lewe wees!

Skriflesing: Efesiërs 1
Teksvers: Efesiërs 1:15-21

Elke keer as Paulus aan die gelowiges in die gemeente van Efese dink, dank hy die Here vir hulle geloof en liefde.
Daarom kan hy ook bid dat die gelowiges ware wysheid, kennis en insig van die Heilige Gees sal ontvang. Sodoen-de sal ons al hoe meer tot die besef kom oor hoe groot en wyd en diep die mag en krag van die Here nie net in Christus is nie, maar ook in ons eie lewens.
Mag jy die vreugde van die grootheid van die Here ken en dit aan ander oordra.

Laai af

Wat is rêrige goeie nuus?

Skriflesing: 2 Timoteus 2
Teksvers: 2 Timoteus 2:8

Wat is goeie nuus? Wat is rêrig sulke goeie nuus dat dit jou hele lewe en lewensuitkyk verander?
In Paulus se lewe was daar so iets. Die vraag is watter impak het die evangelie van Christus werklik op ons lewens? Ons kan so gewoond raak daaraan en dit al hoe meer as vanselfsprekend aanvaar. Daarom word ons deur die prediking en godsdiensoefening heeltyd daaraan herinner , sodat Jesus Christus vir ons werklik goeie nuus bly.

Laai af

God het ons met Homself versoen deur die versoeningswerk van Jesus Christus

Skriflesing: 2 Kor 5:11-21
Teksvers: 2 Kor 5:18-21

Wat beteken versoening? Versoening is om verhoudinge te herstel wat verbreek is. Dit is om weer die vrede te herstel. Dit is om weer die gebroke verhouding tussen God en mens te herstel deur die soendood van Jesus Christus.
1 Hoekom is versoening nodig?
2 Wie het ons versoening bewerk?
3 Wat is die gevolg van ons versoening?

Laai af

Ons hoef nie moedeloos te word nie agv Jesus se opstanding

Skriflesing: 2 Kor 4:1-18
Teksverse: 2 Kor 4:14,15

Die kerngedagte by die prediking is:
Ons hoef nie moedeloos te word nie agv Jesus se opstanding.

Ons gaan nie drie sake kyk:

1. Ons is nie moedeloos nie, want Jesus het opgestaan.
2. Ons is nie moedeloos nie, want ons het saam met Jesus opgestaan.
3. Ons het in Jesus Christus ’n onmeetbare skat wat niemand kan wegneem nie.

Laai af

« Older posts Newer posts »