Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Nuwe Testament (Page 101 of 129)

CHRISTEN: Jou erenaam?

Skriflesing: Hand 11; Ps 133; Matt 5:13-16
Teksvers: Hand 11:26b; Op 3:12
HK: Sondag 12

Het jy dalk ook ‘n bynaam? Soos ou Bakkies…. die ou met die groot bakore… of Oom Piet-14dae, die oom wat so lank kan bid… Wel ek gaan nou nie vertel wat my bynaam op skool was nie, maar is seker sommige ouens het maar byname vir die dominees uitgedink of selfs uitgespreek.

Sommige byname is egter spot-name en ander is weer ere-name vir erkenning en respek. Die naam CHRISTEN is egter in alle opsigte bedoel as ‘n erenaam! En dit sê ek net omdat hierdie naam my en jou aan Jesus Christus verbind.

En as jy nou mooi diep daarna kyk, dan is dit omdat Hy Homself van ewigheid af aan jou en my verbind het. Hy is bereid om sy Naam op jou en my te skryf! Hom met my te vereenselwig?

EN jy? Wil jy jouself met Hom vereenselwig??

Laai af

Veertig lewensbelangrike dae!

Skriflesing: Hand 1:1-8
Teksvers: Hand 1:3

Met Jesus se koms het die koninkryk van God by die mens gekom!

Na Jesus Christus se opstanding het Hy nog veertig dae op aarde deurgebring. Dit was veertig baie belangrike dae, want in hierdie tyd het Jesus dit wat Hy aan die dissipels verkondig het, net herbevestig. Jesus het meer as tien maal aan verskillende mense op aarde verskyn. Dit was ’n volkome bewys dat Hy opgestaan het en lewe. Wat baie belangrik was, was dat die dissipels in hierdie tyd nie net begin verstaan het nie, maar volkome begryp het wat Jesus kom doen het. Hy is die Koning van die kerk. Hy is die Messias maar nie ’n verlosser van die aardse lyding in die eerste plek nie, maar ʼn Verlosser wat hulle losgekoop het uit die sondige bestaan en burgers gemaak het van die Koninkryk van God waar Jesus Christus self die Koning van is.

Ons gaan na twee sake kyk:

  • Jesus verskyn aan die dissipels en meer mense.
  • Jesus praat oor die dinge van die Koninkryk van God.

Laai af

Jesus is meer as net ons hoop, Hy is ons Enigste Verlosser

Skriflesing: Lukas 24:13-53
Teksvers: Lukas 24:21
HK: Sondag 11

Mense kan baie maklik moed verloor veral wanneer dinge nie uitwerk soos hulle gedink het nie. Dit is presies wat gebeur met die twee Emmausgangers. Hulle is oppad huistoe, en het gehoop dat Jesus die ware Verlosser is.

In die Heidelberger bely ons egter veel meer as net om te hoop: elkeen wat die Verlosser met ‘n ware geloof aanneem, het in Hom alles wat vir hulle saligheid nodig is.

Laai af

Waardevol of waardeloos

Skriflesing: 1 Kor 15
Teksvers: 1 Kor 15:14, 17, 58

Wat is regtig vir jou waardevol?

Dink bietjie aan iets wat jy nie graag sou wou verloor nie. Dalk jou trouring of iets met sentimentele waarde. Wat is regtig waardevol in jou lewe? En nou moet jy vra: Hoekom? Waarom is dit so waardevol? Wat maak iets so van waarde…

As iets nie waarde het nie, dan is dit waardeloos. Dink aan iets wat waardeloos vir jou sou wees. Jy gee nie om nie. Dit kan maar breek, wegraak of so…

Waardevol en waardeloos.

En wie bepaal die waarde?

Laai af

God sorg vir ons as Skepper en onderhouer en ons vertrou in God

Skriflesing: Mat 6:24-34 Mat 10:26-31
Teksvers: Mat 6:31-33; Mat 10:28
HK: Sondag 10

God sorg vir sy ons in teenspoed en in druk. God openbaar Homself altyd, ook as daar groot nood en krisisse in die wêreld is. Ons verstaan nie altyd die gebeure in die wêreld nie.

Die gebeure in die wêreld, die Covid-19 virus, die dood, die trauma, die inperkings laat ons eintlik sprakeloos. Daar is verseker baie vrae,

Ons gaan vanaand na drie punte kyk:

  • God is die almagtige Skepper.
  • God is die barmhartige onderhouer.
  • God is die een op wie ons vertrou.

Laai af

« Older posts Newer posts »