Page 89 of 344
Skriflesing: 1 Tess 4:13—18 (1983)
Teksvers: 1 Tess 4: 18,14
HK Son 22
Die dood is en bly vir ons op aarde ‘n finaliteit van afskeid. Dit bly vir ons ‘n hartseer tyd van treur en verlang. As ‘n geliefde sterf is sy plek leeg. Nogtans het ons as Christene ‘n vaste en lewende hoop. Ons treur nie soos hulle wat geen hoop het nie. Ons het ‘n vaste hoop van waarheen ons gaan. Die Skrif is ook duidelik dat ons eindbestemming, is vir ewig.
• Die ewige lewe is ‘n groot troos vir Christene.
• Die liggaamlike dood is net ‘n tydelike slaap.
• Die liggaam en siel sal permanent herenig, met die wederkoms.
Skriflesing: Lukas 22:24-54, 63-71 (2020)
Teksvers: Lukas 22: 48- 51
Artikel 30-32 van die NGB handel oor die regering van die kerk en die ampte wat God daarvoor ingestel het. Die kerk word nie deur hierdie ampte regeer nie, maar deur Chirstus as die Hoof. Hierdie dienaars, moet egter toesien dat die kerk getrou is aan haar roeping en taak sodat Christus se regering getrou uitgevoer word.
In hierdie teksgedeelte vind ons nie minder nie, as drie persone wat baie prominent op die voorgrond tree. Petrus, wat Jesus verloën, Judas wat Jesus verraai sowel as die hoëpriester wat Jesus laat gevange neem en veroordeel. Ons staan vanoggend stil by Jesus se beskrywing oor die wyse waarop Hy regeer.
Hierdie bekende Latynse spreuk beteken: Bid en werk. Dit wys op die twee
belangrike aspekte van ons bestaan. Die geestelike, dit is om te bid, en die vleeslike
naamlik om te werk.
Die verhouding tussen hierdie twee aspekte het deur die eeue heen baie spanning
veroorsaak. Watter een is nou die belangrikste? Ons kan nie lewe as ons nie werk
nie, maar om te werk is nie al waarvoor ons leef nie. As jy nie werk nie, mag jy nie
eet nie, maar as jy werk bring dit soms uitdagings om tyd te maak vir gebed.
Dit is hier waar roeping ‘n deurslaggewende rol speel. Roeping beteken in kort: om ‘n
uitnodiging te ontvang om deel te kry aan die ewige verlossing wat God gee. God
roep ons deur die evangelie, die blye boodskap, om deel te kry aan die verlossing
deur Sy Geliefde Seun.
Ons word egter vir meer geroep as om net gered te word. Ons word ook geroep tot
diens. Die Griekse woord klessis, wat ons as roeping vertaal, is die grondwoord van
ekklesia, wat uitroep tot gemeenskap beteken. Ons vertaal dit ook met gemeente.
Ons word geroep uit die duisternis tot die lig, maar ons word ook geroep tot
gemeenskap van geloof.
Roeping is aanroeping van God, sowel beroep tot diens. Dit is die twee tafels van die
wet. Liefde tot God en liefde tot jou naaste. Daarvan word beskryf in 1 Korintiërs 12
hoe ons hierdie liefdediens kan verrig in verskeidenheid van genadegawes,
bedienige en werkinge.
Nie almal ontvang dieselfde gawes, dieselfde bediening of dieselfde werking nie. Tog
word ons in die verskeidenheid van gawes geroep tot eenheid in en onder Christus
as Sy kerk. Daardeur word nie net ons ora nie, maar ook ons labora as diens aan
God gewy. Om biddend te werk. Dan word ons deur die geloof, medewerkers van
God, in sy diens, en tot sy eer.
Lourens (vdm)
Skriflesing: 2 Petr 1:1-15 (1983)
Teksvers: 2 Petr 1:10,11
’n Ware gelowige moet die sekerheid hê dat hy uitverkies is.
’n Ware gelowige moet die sekerheid hê dat hy ’n geroepene is.
’n Ware gelowige moet die sekerheid hê dat hy in hierdie lewe nie sal struikel nie.
Laat ons van vandag af kragtig daarna streef en met geesdrif daaraan werk om ons roeping en verkiesing deur God in Jesus Christus te bevestig. Laat ons ons roeping as gelowiges opvolg, met ’n godvrugtige lewe, sodat ons roeping gesien kan word.
So sal ons dan nooit struikel of afdwaal nie maar deur die genade ook die ewige koninkryk van onse Here en Verlosser Jesus Christus beleef.