Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Etiket: Sondag 33

Die onverganklike liefde van die Vader (vir bekerende sondaars)

Skriflesing: Lukas 15:11-20; Romeine 5:8; 8:31-39 (1983)
Teksvers: Lukas 15:17-20
HK: Sondag 33

As ons in die kategismus leer wat bekering is dan raak ons bewus van die radikaliteit daarvan. Bekering is doodgaan en lewend word! Sterwe en opstanding!

Die twee absolutes wat hier gebruik word help ons om te verstaan dat bekering nié maar net ʼn koersverandering of ʼn wending in jou lewe is nie, maar ʼn radikale ommekeer – van dood na lewe!

Eers moet ons die ou sondige lewe doodmaak en dan weer deur die krag van Christus opstaan uit die dood in ʼn nuwe lewe. Van die verlore seun lees ons in ʼn gelykenis, maar dit illustreer bekering so goed. Hy was dood, maar kyk hy lewe, het sy pa gesê! Kyk na die dag van sy bekering dan sien ons dit in die vier dinge wat hy daar by die varktrog doen: daar is inkeer, afkeer, omkeer en terugkeer.

Bekering het ons eenmaal nodig, maar daarna ook elke dag, sodat ons nie in ons sondes bly nie.

Droefheid bring bekering wat tot redding lei!

Skriflesing: 2 Kon 5:1-6:7; 2 Kor 7:6-13
Teksvers: 2 Kon 5:11,12,14,16, 18; 2 Kor 7:9-10
HK: Sondag 33

God vra ware bekering. Dit is die afsterwing van die ou sondaar mens en die opstanding van die nuwe mens in Jesus Christus. En as jy ’n nuwe mens is, wil jy goeie werke doen wat uit ’n ware geloof, volgens die wet van God tot sy eer gedoen word. 

Ons moet altyd minder word, ons eie trots aflê en buig voor God se Woord. Naäman het gedink, omdat hy so belangrik is sou sy gesond-word, met groot vertoon plaasvind. Die profeet Elisa moes met groot vertoon hom gesond maak en dan sou hy Elisa baie goed beloon en betaal vir wat gedoen is. Maar Naäman het God se werking nog nie verstaan nie. 

God gebruik dikwels onopvallende metodes, maar God moet altyd die eer kry vir die wonderwerke. Dit kan net gebeur as jy as sondaar deur die bekering gelei word deur die Heilige Gees, as jy opstaan as ’n nuwe mens en dan goeie werke doen uit dankbaarheid tot eer van God. 

Deur Geloof in Jesus kan ons tot inkeer kom

Skriflesing: Handelinge 3:1-26
Teksvers: Handelinge 3: 19, 20, 26
HK Sondag 33

Bekeer julle want die koninkryk van die hemele het naby
gekom. So het Johannes die Doper, en natuurlik ons Here
Jesus self in die openbaar verkondig.

Verandering, en omdraai. ‘n Wegkeer en ‘n afkeer van wat
sondig is en wat boos is, na dit wat goed is.
Ons staan vanaand stil by Sondag 33 met die oog op geloof
en bekering, en dit wat goeie werke is.

Ware bekering lei tot ware goeie werke!

Skriflesing: Gal 5:13-25; Klaagl 5:1-21; 1 Joh 5:1-5
Teksvers: Gal 5:16,25; Klaagl 5:21; 1 Joh 5:3

Ons neem bekering nie altyd baie ernstig op nie. Ek is mos ’n Christen wat die Here dien. Hoekom moet ek my bekeer? Is dit nodig dat ek my bekeer? Ten diepste is bekering ’n daad van God. Maar tog ook ’n daadwerklike roeping wat op ons as Christene geplaas word. Ons moet daagliks die oue mens afsterf en as nuwe mens te lewe. Dit is om jou te laat lei deur die Gees. Dit is om goeie werke te doen deur die vrug van die Gees te openbaar in die doen van goeie werke.

Ons gaan na drie sake kyk:

  • Die ware bekering.
  • Die wese van bekering.
  • Die vrugte van bekering.

Laai af