Skriflesing: Ester 3:1-15 (2020-vertaling) Teksverse: Vers 8-9
Terwyl Haman en koning Ahasveros sit en drink, is die hele stad Susan in beroering oor die ingrypende wet wat pas afgekondig is regoor die koninkryk. Hier in die derde hoofstuk van Ester vind ons die eindelose stryd tussen kerk en wêreld, tussen geloof en ongeloof, tussen lig en duisternis.
Ons staan vanmôre stil by die gebeure waar Haman die doodsklokke laat lui vir die Joodse volk en hoe God deur beproewing die harte van sy kinders op Hom rig.
Eet is die natuurlikste saak in die lewe. ‘n Pasgebore babetjie se eerste behoefte is na melk, kos. Daarom reeds in die tuin van Eden het God aan die mens die heerlikste vrugte gegee om van te eet. Wie nie eet nie, kan nie lewe nie. Kos gee ons krag vir elke dag. Ons lewe gaan daaroor om elke dag so te werk en te leef dat ons kos op die tafel kan hê om te eet.
Nou lees ons in Joh 6 dat daar oor die 5 000 mense na Jesus kom luister het en teen die aand was hulle honger. Met net twee vissies en vyf brode het Jesus met ‘n wonderwerk hierdie mense gevoed. ‘n Wonderwerk. Onverstaanbaar groots. Maar Jesus gee kos vir honger mense. Brood en vis. Jesus het hulel gevoed en vir die kos gedank.
Die dag nà die wonderbaarlike vermeerdering van die brood, het daar weereens ‘n klomp mense na Jesus toe gekom. Die rede hoekom hulle weer na Jesus gekom het, was bloot om weer brood, kos te kry. Jesus sê dit self.
Joh 6:26,27 “24 Toe die mense sien dat Jesus nie daar is nie en sy dissipels ook nie, het hulle in die skuitjies geklim en na Kapernaum toe gevaar op soek na Jesus. 25 En toe hulle Hom oorkant die see kry, vra hulle vir Hom: “Rabbi, wanneer het u hierheen gekom?” 26 Jesus antwoord hulle: “Dít verseker Ek julle: Julle soek My, nie omdat julle die wondertekens gesien het nie, maar omdat julle van die brood geëet en versadig geword het. 27 Julle moet nie werk vir die voedsel wat vergaan nie, maar vir die voedsel wat nie vergaan nie en wat ewige lewe gee. Dit sal die Seun van die mens vir julle gee, want God die Vader het Hom die mag daartoe verleen.”
Hoe eet jy dan by wyse van spreke vir Jesus as die Brood wat ewige lewe gee?
As Jesus sê: “Ek is die brood wat lewe gee.” dui dit natuurlik op geestelike voedsel. Dit is om in Jesus Christus te glo. Want Jesus is nie soos brood wat jy elke dag moet eet om versadig te bly nie. Jesus is geestelike brood, wat die ewige lewe gee. As jy Jesus eet, beteken dit dat jy in Hom glo. Geloof is meer as net kennis en vertroue. Geloof is ook om na Jesus toe te keer, om in ‘n intieme, persoonlike verhouding met Hom te staan. Jy eet Jesus as ‘ n ware deur die Woord te lees, te bid, die kennis te verkry hoe God homself openbaar, en deur met Jesus te wandel, Hom as ‘n ware te eet, jou te versadig met die kennis en vertroue en dat Jesus jou enigste weg tot saligheid is. En die Heilige Gees bewerk dit in jou hart.
Die Jode het gevra in Joh 6:28: “Wat moet ons doen om te doen wat God van ons verlang?” Jesus het geantwoord in Joh 6:29: “Wat God van julle verlang, is dat julle moet glo in Hom wat Hy gestuur het.”
Om te glo in Jesus Christus is om… • Te weet hoe groot God se onmeetlike liefde vir ons is. • Te weet dat God sy Enigste, sy Eniggebore Seun geoffer het om in ons plek te betaal vir al ons sondes. • Te weet dat die doel van God se liefde en versoeningswerk deur Jesus Christus is sodat ons die ewige lewe kan hê om God vir ewig te verheerlik in die hemel. Jesus het gesê: “EK IS die brood wat die lewe gee!”
Vir die volgende paar weke gaan ons kyk hoedat God en Jesus Christus hulleself aan ons openbaar in die” “EK IS…” uitsprake in die Bybel. Ons kan vra, maar: Hoekom is dit nodig dat ons dit behandel? • Ons ken mos God die Vader as ons skepper en onderhouer. • Ons ken mos Jesus Christus as ons Verlosser, Saligmaker. • Ons ken die Heilige Gees as ons Trooster wat in ons woon en bly.
Maar God openbaar Homself aan ons sodat ons nog meer vertroos en versterk in hierdie lewe kan wees.
Het jy ook al die vrae gehoor: Waar is God, dat Hy ons dan nie van die Covid virus bewaar nie? Waar is God wat sonde toelaat? Hoekom het God dan toegelaat dat daar oorloë hongersnood, selfmoord, egskeidings ens. is.
So het God aan Abraham belowe dat hy ‘n groot nageslag sal hê wat in Kanaän sal bly. Maar nou was daar ‘n droogte en hongersnood in Kanaän en moes Josef en sy hele familie na Egipte verhuis om te oorleef. En nou is hulle slawe in Egipte. Eers was hulle vry en nou is hulle slawe.
Is dit nie wat in Suid Afrika ook aan die gebeur is nie? Eers was Suid Afrikla ‘n welvarende land, ‘n land onder die 20 welvarendstes in die wêreld. Nou het Suid Afrika “Rommelstatus” bereik. Waarheen is die land heen op pad? Waar is God wat ons moet bewaar?
Israel het byna dieselfde lot gehad net nog baie erger in Egitpe.
Israel is uit Kanaän na Egipte vanweë hongersnood. Daar het hulle slawe geword. Hulle het gekerm en gekla en God het hulle gekla gehoor. En God roep en stuur vir Moses om die volk uit Egipte te lei! • En Moses moet vir Israel sê Wie hom gestuur het! • Sal hulle glo dit is die Almagtige God? • En God sê Moses moet aan die volk sê: Ex 3:14 “En God sê vir Moses: EK IS WAT EK IS. Ook sê Hy: So moet jy die kinders van Israel antwoord: EK IS het my na julle gestuur.”
God verduidelik wat sy Naam beteken.
God OPENBAAR Homself aan Moses en aan Israel. God sê “EK IS WAT EK IS!” Dit beteken dat God is betroubaar. God is onveranderlik. Onveranderlik beteken juis dat God betroubaar is. Ons kan op God staatmaak. Al verstaan ons nie altyd alles nie. God bly dieselfde God. Dit is ons wat verander. Dit is ons wat vir onsself leef en God vergeet. Ons kan ook vandag op God staatmaak.
God het Israel uit Egipte verlos en gelei. Vir 40 jaar deur die woestyn, maar hulle het Kanaän binngetrek. Hulle het swaar gekry, maar God het getrou gebly.
God, “EK IS WAT EK IS…” lei ons vandag ook nog.
Al kry on sook hoe swaar. Al gaan dit swaar in die land. Al het ons Rommelstatus bereik. God is by ons en lei ons, wat Hy is betroubaar, Hy is wat Hy is. Hy bly altyd dieselfde van geslag tot geslag.
Ook aan ons is die hemel, die ewige Kanaän, belowe. Ons wat in Jesus Christus glo sal ook eendag in die hemel kom. Dit is belowe en Jesus Christus het reeds vir ons daar plek gaan voorberei. Maar ons trek nog deur die geestlike woestyn wat ook ‘n fisiese swaarkry is. Alles op aarde is nie rosegeur en maanskyn nie. Ons kry swaar omdat ons God vergeet het. Maar daarom openbaar Jesus Christus Homself met sewe Ek is uitsprake om ons te vertroos en te versterk. Hy openbaar Homself in die evangelie van Johannes met sewe Ek is uitsprake. Dit is wat ons gaan behandel vir die volgende paar kere.
Sewe “Ek is….” uitsprake in die evangelie van Johannes. Joh 6:35 “Ek is die brood wat die lewe gee.” Joh 8:12 “Ek is die lig vir die wêreld.” Joh 10:7-9 “Ek is die ingang vir die skape.” Joh 10:11-14 “Ek is die goeie herder.” Joh 11:25-26 “Ek is die opstanding en die lewe.” Joh 14:6 “Ek is die weg en die waarheid en die lewe.” Joh 15:1,5 “Ek is die ware wingerdstok en my vader is die boer.”
Daarna gaan ons na nog drie “Ek is ….” Uitsprake in die boek Openbaring kyk. Open 22:12 “Ek is die Alfa en die Omega, die Eerste en die Laaste, die Begin en die einde.” Open 22:16a “Ek is die Wortel, dit is, die Nakomeling van Dawid” Open 22:16b “Ek is die helder môrester.”
Mag ons almal versterk en vertroos word deur hierdie reeks dat Jesus Christus vir ons die brood, die lig, die ingang na die hemel, die goeie herder, die opstanding, die ewg en die waarheid en die ware wingerdstok is.
‘n Ware sprokiesverhaal: dit is wat hier in Ester 2 gebeur. ‘n Arme weeskind, wat haar pa en ma verloor het, en ‘n oorlogsgevangene is in ‘n vreemde land, wen die mej. Wêreld skoonheidskompetisie en trou met die koning. Dit klink te goed om waar te wees. Dit is sekerlik iets waarna elke meisie moet streef… Of dalk nie!
Ons staan vanaand stil by die sprokie van ‘n weeskind waarin God steeds getrou bly.
Die boek Ester handel oor die gebeure tydens die ballingskap van Juda en die wyse waarop die HERE sy volk bewaar deur die wegvoering. Hierdie boek is bekend daarvoor dat die Naam van die HERE nêrens vermeld word nie, en tog is dit die sentrale tema. Dit is ook hier, in die ballingskap waar die grootste uitdaging die volk in die gesig staar nl. die totale uitwissing van die oorblyfsel van Juda. Op merkwaardige wyse gebruik die HERE sy kinders in die beproewing van hulle geloof om te doen wat reg is.
Ons gaan vir die volgende 4 weke saam deur die boek Ester wandel in die Sprokie van ‘n Weeskind