Gereformeerde Kerk Centurion

Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Page 165 of 332

Die water en bloed getuig

Skriflesing: Genesis 2:4-7, 15-25; Johannes 19:28-37
Teksvers: 1 Johannes 5:5-8
HK Sondag 22

Die Here het nie stofspoke gemaak nie, maar regte egte mense. Mense wat bestaan uit vel en been, soveel so dat Adam uitroep: hier is een soos ek, vlees van my vlees en been van my gebeente… Mense deur wie daar bloed in hulle are vloei. In daardie bloed is lewe. Die siel is in die bloed. 

So onlosmaaklik is die bestaan van die mens as lewende wese, liggaam, siel en gees. Daarvoor moes Christus betaal, met ‘n regte egte menslike liggaam, daarvoor moes Hy die Gees gee. Dit is die getuienis van die water en die bloed. Amen 

Hoe ryk jy is!

Skriflesing: Ef 1:1-14
Teksvers: Ef 1:13,14

Ons is skatryk. Ons het soveel rykdom dat ons letterlik nie die einde daarvan ken, kan sien of kan begryp nie. Die grootte, hoogte, diepte van ons rykdom is onmeetlik. Elke Christen is skatryk.

  • Sien ons dit elke dag raak?
  • Wat doen ons elke dag daarmee?

Geestelike seëninge is veel meer as aardse rykdom!
Ons rykdom kom van die Drie-enige Verbondsgod af:

  1. Rykdom van God die Vader. Ef 1:.4-6
  2. Rykdom van God die Seun. Ef 1:.7-12
  3. Rykdom van die God die Heilige Gees. Ef 1:.13,14

EENSGESIND VOOR GOD!

Rom 15:5 

“En mag God, die bron van alle standvastigheid en bemoediging, gee dat julle eensgesind onder mekaar sal wees soos Christus Jesus dit wil hê.” 

Ons het die groot vreugde dat ons weer as gemeente gesamentlik God kan dien. Wat ‘n vreugde om in eensgesindheid in liefde die Here te kan aanbid, in ‘n erediens, om van harte tot lof van God te kan sing en God te kan dien en eer. Dit vra steeds van ons dat ons minder sal word en God meer sal word. Dit vra dat ons elkeen onsself sal verloën en God en ons naaste eerste sal stel. Daarom dat ons ook met groot omsigtigheid en verantwoordelikheid die eredienste en kerkbywoning so wil inrig dat elkeen gemaklik, veilig en opreg die Here kan dien. Ons vra daarom dat ons mekaar in hierdie tyd sal verdra. 

Die rye stoele in die saal is juis verder uitmekaar geplaas vir afstand-doeleindes. In die kerkbanke vra ons dat die lidmate sover moontlik afstand van mekaar sal hou, sal maskers bly dra en protokol sal nakom om vir almal die geleentheid te bied om in rustigheid en vrede saam te kan kom in die eredienste. 

Ons verwag dat daar tydens die Nagmaalsdiens van 21 Oktober dalk meer mense die erediens sal bywoon. Daarom het ons ook gereël dat daar ‘n Groot Skerm op die stoep sal wees met ‘n klomp stoele om ook op die stoep te sit en so deel te wees van die nagmaal. Daar sal ook ‘n predikant teenwoordig wees om die nagmaal te bedien. Daar sal ook weer die geleentheid wees om voor aan die tafel te gaan sit, waar kelkies gebruik kan word of die beker, maar elke gesin of individu sal alleen uit ‘n beker kan drink. Ons vra dus in groot liefde dat ons mekaar sal verdra in ‘n eensgesindheid wat tot eer van God sal wees. Daar sal dan ook drie geleenthede wees om die nagmaal te gebruik: tydens die Afrikaanse diens om 09:00, tydens die Engelse diens wat spesiaal tweetalig sal wees om 11:00 en ook tydens die Afrikaanse aanddiens om 18:00. Ons vra die lidmate om vrymoedigheid te neem om twv die druk, te oorweeg om nagmaal te gebruik tydens die Engelse diens of die aanddiens. 

Mag ons almal met groot eensgesindheid en vreugde, nie net in die eredienste vergader nie, maar ook die nagmaal gebruik tot eer van God ons Hemelse Vader. 

Ds Gerrit 

« Older posts Newer posts »