Page 166 of 332
Skriflesing: Lukas 17:1-10
Teksvers: Lukas 17:5-6
“Die apostels sê toe vir die Here: “Gee ons meer geloof.” Maar die Here antwoord: “As julle maar geloof so groot soos ‘n mosterdsaadjie gehad het, sou julle vir hierdie moerbei-boom kon sê: “Trek jou met wortels en al uit die grond uit en plant jouself in die see, en hy sou julle gehoorsaam.”
Luk 17: 5,6
Hoofpunte:
1. Die moeilike opdrag.
2. Die groot vereiste.
3. Die diepe besef.
Skriflesing: Handelinge 1: 12 – 26
Teksvers: Efesiërs 2: 20
Ons herdenk vandag die Reformasie en kan met reg vra: Hoe lyk die kerk van Jesus Christus, wat veronderstel is om met ‘lewende stene’ gebou te word (Ef 2: 10), vandag? Ons teksgedeelte is normaalweg ‘n ‘verbyblaai’ gedeelte. Wie wil nou lees van Judas se selfmoord en … watter boodskap sou hierdie Skrifgedeelte in elk geval vir ons kan gee vandag?
Maar, vandag gaan ons nie verbyblaai nie. God se Woord het in hierdie Skrifgedeelte ‘n kragtige boodskap wat tot elkeen van ons in hierdie tyd moet spreek. Die boodskap is:
Dit gaan nie oor hoe NABY jy is nie, maar dit gaan oor HOE jy naby is.
Elke laaste Sondag in Oktober staan in ons Protestantse kerke wêreldwyd bekend as Hervormingsondag, ter gedagtenis aan die omwenteling van die samelewing wat so drastiese verander het na aanleiding van Martin Luther se 95 Stellings.
Dit was op 31 Oktober 1517 wat Luther die bekende stellings teen die kerkdeur van die Schloßkirche in Wittenberg vasgenael het, wat ‘n algemene en bekende manier was om diskussie oor akademiese sake te inisieer. Dit was nie die eerste en laaste stellinge van Luther nie. Terloops, die vorige maand, op 4 September het Luther op ‘n baie meer drasties wyse vanuit die Skrif die stryd aangesê by wyse van Disputatio-stellings.
Dit was egter hierdie 95-stellings wat op byna onberekenbare wyse vlam gevat het en die wêreld se oë geopen het vir die skynheiligheid en valsheid van die “kerk”. Die onbybelse praktyke van die aflate (om met geld vir jou sondes te betaal) het veral die fokus gevorm terwyl die gevolg ook ander wesenlike probleme ontbloot het soos die gesag van die kerk en die gesag van die Skrif.
Op so wyse het God self ingegryp om die aandag van menslike standpunte en opinies teenoor Sy ewige waarheid op te weeg. God se Woord kan nie gelyk gestel word aan mense se opinies en redenasies nie. God regeer Sy kerk deur Sy Woord en Gees en nie die mens nie.
Vandag, 504 jaar later is hierdie beginsel nog net so aktueel en noodsaaklik as ooit te vore. Die wêreld waarbinne ons leef is toenemend aggressief teenoor geloof en veral die Christendom. Maar ook die Christene het verval. Elke persoon het ‘n opinie of oortuiging van die waarheid, en mense ervaar hoe die “kerk” (in die breë sin) probeer om relevant te bly in ‘n drastiese veranderende samelewing. Kerke loop leeg, gemeentes doleer en gemeentelede kwyn.
Mag dit wees dat ons ook weer, soos Luther, en die kerk deur die eeue, sal afsien van ons eie opinies en redenasies, om terug te keer na God se Woord. Immers, ons bely dit as gereformeerdes. Dat God se Woord ons weer mag oor vorm, terug na Sy Beeld!
Semper reformanda – altyd reformerend, ad fontes – na die bronne.
Lourens (VDM)