Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Nuwe Testament (Page 112 of 129)

Satan dink hy is ’n leeu wat kan oorwin, Christus is die leeu wat oorwin het!

Skriflesing: 1 Petr 5:1-14; (Gen 49:10-12; Open 5:5)
Teksvers: 1 Petr 5:8

Is jy elke dag waaksaam en wakker? Is jy waaksaam teen die duiwel, die Satan? Die Satan is elke dag hard besig om die mense en veral die Christene te verlei en te mislei, sodat hulle van God afvallig sal word.

Ons gaan na die volgende sake kyk:

  1. Satan dink hy is die leeu wat kan oorwin.
    • Respekteer Satan, want hy is gevaarlik.
    • Herken Satan, hy doen homself voor as die Engel van die lig.
    • Weerstaan Satan.
  2. Christus is die Leeu wat oorwin het.

Laai af

God is Regverdig, Barmhartig, Genadig, Lankmoedig en Vol Liefde

Skriflesing: Heb 10:1-17; Ex 33:12-23; 34:1-14
Teksvers: Heb 10:10; Ex 34:6,7

God is volkome regverdig en barmhartig. Volkome is ‘n baie gelade woord, want dit beteken dat God ten volle, sonder om af te wyk, altyd dieselfde God is. En nogtans is God ook genadig en lankmoedig in sy liefde. Dus al haat God die sonde en wou en sal Hy dit nooit ongestraf laat bly nie, het God in sy groot liefde ons nie verdelg nie, maar verlos van ons sonde. So al is jou sonde hoe groot en hoe baie, daar is verlossing deur Jesus Christus.

1 Die Verbondsverhouding is verbreek, maar God vernuwe dit.

2 Moses besef dadelik dat in God se Regverdigheid lê daar vir die volk baie groot swaarkry in.

3 Die Here het deur sy voldoening herstel met God bewerk.

Laai af

Die “Waarheid” oor die leuen oorwin die leuen oor die waarheid

Skriflesing: 2 Tess 2
Teksvers: 2 Tess 2:9-13

God openbaar dat die eindtyd, met die verskyning van die wet-telose, gepaard sal laat gaan met groot magsvertoon en aller-hande vals tekens en wonders. Verder sal daar skrikwekkende misleiding van dié wat verlore gaan plaasvind.

Dit sal alles gebeur omdat die ongelowiges nie die waarheid van die Woord van die Here aanvaar het nie. Hulle wou ook nie die redding in Jesus Christus aanvaar het nie. Dit is ook waarom God hulle aan die mag van die dwaling sal oorgee en sal veroordeel. God gee die ongelowiges oor om die leuen van die Satan as die waarheid te glo.

Diegene wat die Here lief het en uitverkies het, sal egter gered word. Hierdie redding is alleen moontlik deur die werk van die Heilige Gees vir elkeen wat in die Waarheid, Jesus Christus, glo.

Laai af

“Ons dank God vir sy onuitspreeklike gawe”

Skriflesing: 2 Kor 8,9
Teksvers: 2 Kor 9:7, 15

God se genade aan ons gemeente is onbeskryflik groot. God seën ons om alles in oorvloed te mag hê. 2 Kor 8:7 “Maar soos julle in alles oorvloedig is—in geloof en woord en kennis en alle ywer en in julle liefde vir ons—sorg dat julle ook in hierdie liefdedaad oorvloedig is.” Die genade om te gee is ‘n gawe van God. God se onuitspreeklike gawe aan ons was Jesus Christus wat self God is, wat alles besit, alles in die hemel en op aarde, Hy het twv ons arm geword, alles prysgegee om op aarde te betaal met sy liggaam en bloed. Paulus gee nie ‘n opdrag v8 dat ons dankoffers moet gee nie. God verwag nie van iemand om te gee wat hy nie het nie. God verwag net dank-baarheid van ons. 2 Kor_9:7 “Elkeen moet gee soos hy hom in sy hart voorgeneem het, nie met teensin of uit dwang nie, want God het die blymoedige gewer lief.” Mag ons nooit as gemeente ophou om God te dank nie. Mag ons nooit ophou om as gemeente uit te deel aan ander gelowiges, ander gemeentes, ander mense nie. Mag ons met blymoedigheid deel wat God aan ons toevertrou.

Laai af

Waarom is daar rampe?

Skriflesing: Lukas 13:1-9; Filippense 3:12-14
Teksvers: Lukas 13:1-9

Waarom val die loopbrug by Hoërskool Driehoek vier kinders dood en laat verskeie met ernstige beserings en gevolge in die hospitaal?

Slegte dinge gebeur daagliks. Soms met jouself en soms hoor of lees jy daarvan in die nuus. Die dinge herinner ons op ‘n harde manier daaraan dat ons in ‘n stukkende wêreld woon. ‘n Wêreld wat smag na redding en verlossing. Ook gelowiges sug saam met die wêreld, maar doen dit met die vaste hoop op die genade van God.

Hoe moet ons die nuus verwerk en die tragedies van ons dag verstaan? Wat sou Jesus antwoord op sulke hoekom-vrae?

laai af

« Older posts Newer posts »