Skriflesing: Johannes 1:1-14 Teksvers: Johannes 14:1-3
Dink bietjie terug toe jy na ‘n lang tydperk weer huistoe gekom het… die soete tuiskoms! Kyk nou op na die hemel en sien gegrendelde deure wat oopgaan! Jesus die Groot Kwartiermeester besig om die kamers oop te sluit wat deur sonde en dood toegesluit was.
Daar kom nou iets groots… iets wat geen oog nog gesien en geen oor nog gehoor en in die verbeelding van geen mens ooit opgekom het nie!
Petrus verwys in hierdie gedeelte na twee dinge wat die boodskap van verlossing in Jesus Christus versterk en bevestig. Die eerste is die profesieë in die Ou Testament en die tweede is sy persoonlike oor- en ooggetuie oor Jesus Christus op die berg van verheerliking (Matt 17:1-8).
Hierdie blye boodskap van hoop en redding in en deur Jesus Christus is soos ’n lamp wat in ’n donker plek skyn. Die donkerte simboliseer die wêreld met al sy sleg en verkeerde. Daarteenoor simboliseer ‘n lamp die lig te midde van donkerte. Hierdie Lig in die donker wêreld is Jesus Christus.
Elkeen wat gefokus op die lig in en deur Jesus Christus lewe, sal weet dat Jesus Christus soos die helder môrester is wat die aankondiger is van die dag wat spoedig gaan aanbreek.
Mag die Heilige Gees jou in staat stel om die helder lig van Christus in jou hart te bewaar.
Die Kerk is die bruid van Christus. Ons vergeet maklik ons posisie omdat die bruids-beelde en -metafore in die Bybel nie so baie ooreenstem met die gebruike in ons Afrikaner se tradisies by troues nie.
Kom ons kyk weer na die Bybelse gebruike en gewoontes rondom die troudag en bepaal dan wat hierdie gedeelte vir ons sê in terme van ons verantwoordelikhede as Bruid van ons Konings-Bruidegom, Jesus Christus, wat kom.
Om werklik ons teksvers vandag te verstaan is dit nodig om die gewoontes van die Jode rondom die huweliksbevesti-ging (troues) van destyds te verstaan. Dit is ook nodig om te weet dat die verlowing nie maar net ‘n romantiese afspraak was nie, maar as absoluut vaste beloftes. Dus was dit die eerste stap van die huweliksluiting en kon dus alleen deur ‘n behoorlike egskeiding beeïndig word.
Dit sou vandag nogal belangrik wees om jou verantwoordelikheid as verloofde bruid van Christus hierin te verstaan en daagliks uit te leef, terwyl jy en ek in gespanne afwagting uitsien na die koms (lees: wederkoms) van ons Bruidegom!
In hierdie Skrifgedeelte fokus die Heilige Gees op die rede waarom Jesus Christus ʼn ware mens, uitgesonder die sonde, soos ek en jy geword het. Jesus Christus het mens geword om deur sy dood die een wat oor die dood mag het, dit is die duiwel, finaal te kon ontkrag. Deur Christus se dood is die duiwel se mag en aanspraak op selfs die dood vernietig. Inderdaad is die “dood” nou vir ons as God se kinders dood. Die dood van die geestelike dood deur Jesus Christus, hou nou in dat elkeen wat uit vrees vir die liggaamlike en geestelike dood, hulle lewe lank in slawerny verkeer het, nou werk-lik in ware vryheid kan leef. Jesus Christus se dood is nie gefokus op die engele nie, maar op die geestelike nageslag van Abraham.
Hy het in alle opsigte aan ons gelyk geword, sodat Hy ons barmhartige en getroue hoëpriester kan wees by die Vader. Daarom nooi Hy jou uit om by Hom vertroosting en redding te kom vind deur jou deelname aan die nagmaal.