Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Nuwe Testament (Page 109 of 129)

Wedergebore in Christus deur sy Gees en Woord

Skriflesing: Titus 3
Teksvers: Titus 3:4-7
DL: Hoofstuk 5. Artikel 1-3

God se goedheid het aan die mens sigbaar geword deur die menswording van ons Verlosser, Jesus Christus. God se goedheid het verder sigbaar geword deur sy besondere liefde vir die mens. Ons is nie verlos deur iets wat ons vir ons vryspraak gedoen het nie, maar ons is alleen verlos op grond van God eie ontferming in Christus Jesus.

Die wedergeboorte wat Christus deur die Heilige Gees en die Woord bewerkstellig, het aan ons ‘n nuwe lewe gee. Die wedergeboorte maak dit sigbaar dat God die Heilige Gees oorvloedig op ons uitgestort het deur Jesus Christus ons Verlosser. Die wedergeboorte bring mee dat ons bely dat ons uit genade vrygespreek is en so erfgename geword het van die ewige lewe.

Laai af

Erken julle voorgangers, wat Jesus Christus verkondig

Skriflesing: Heb 13:1-24
Teksvers: Heb 13:7,8,17,24

Onthou, gehoorsaam en groet julle voorgangers want hulle is diensknegte wat Jesus Christus verkondig.

Watter plek neem die voorgangers van die gemeente in jou lewe in? Hoe belangrik is die dominee, ouderling of diaken in jou lewe? ‘n Voorganger is iemand wat voor stap, nie volgens sy eie wil nie, maar soos wat sy Koning en Leier, Jesus Christus hom beveel. ‘n Voorganger, of godsdienstige leier, word minder sodat Jesus Christus as Koning en ons Leier meer kan word. Hoe tree ons op en dink ons oor ons voorgangers?

Ons gaan na die volgende drie hoofpunte kyk:

  • Onthou julle voorgangers. v7-9
  • Gehoorsaam julle voorgangers. v17
  • Groet julle voorgangers. v24

Laai af

Wedergeboorte lei tot sekerheid en dankbaarheid

Skriflesing: 2 Tim 3:10-4:22 Jak 4:4
Teksvers: 2 Tim 4:10 Jak 4:4
DL Hoof 3 en 4 par 7-17

  • Wees ywerig en getrou in diens van God.
  • Wees gewaarsku teen die suigkrag van die wêreld.

Hierdie artikels van die Dordtse Leerreëls is baie troosvol. Want hier word dit baie duidelik gestel hoe groot God se genade en vertroosting is deur die wedergeboorte. Maar elke mens bly ‘n sondaar. Maar na jou wedergeboorte is jy in staat om al meer en meer te kies om die regte lewe te lei. Alles is en bly God se genade wat jou lei deur die Woord, Gees, sakramente en die tug. Bly altyd ywerig om God te dien. Bly altyd waaksaam teen die verleiding van die Satan, die wêreld en jou eie vlees.

Laai af

Vorentoe is nie agtertoe nie!

Skriflesing: Lukas 5:1-11 en 22:31-34; Johannes 21
Teksvers: Johannes 21:3

Die Heilige Gees (as primêre Outeur van die Bybel) mors nie met woorde nie. Alles in die Bybel is dus woorde wat vir ons van waarde is. So ook die skynbaar min-seggende woorde van Petrus, of soos hy in die teks genoem word, “Simon” Petrus.

Hy is nou weer in sy tuisdorp in Galilea. Doodverveeld! Hier is hy sommer by die See van Tiberias/Galilea. En dan: Ek gaan visvang. Op die oog af heel onskuldig. Hy is immers ’n visserman van beroep. En om nou sy ledigheid te verdryf, gaan doen hy darem iets sinvol. Vanaand gaan daar vis op die tafel wees!

Mens sou die vraag moet vra: Is dit wat Petrus nou moes doen? Is dit wat Jesus van hom verwag? En dan kyk ons dieper, en sien hoe Jesus self vir Petrus omgee en hom help om sy fokus reg te kry.

Wat doen ons terwyl ons wag dat Jesus kom soos Hy beloof het?

Laai af

EWIGE LEWE

Skriflesing: Markus 10:17-27

Markus 10 is ʼn gedeelte wat deur kultegroepe gebruik word om die beheer oor hulle lede te versterk.

Lees die gedeelte deur en dink solank oor die volgende vrae:

1. As die man in Markus 10 so ernstig is oor die ewige lewe – waarom is hy dan nie bereid om te doen wat die Here vir Hom sê nie?

2. Waarom gee die Here so ʼn opdrag aan die man? Geld dit vir ons ook?

3. Waarom begin die dissipels dink dat niemand dan gered kan word nie?

4. Wat bedoel die Here as Hy sê dat dit vir mense onmoontlik, maar vir God moontlik is?

5. Hoe hou dit verband met Jesus se vraag aan die man in die begin?

6. Waarin lê ons sekerheid?

7. Watter offer mag dit van ons vra – en is ons daartoe bereid?

Laai af

Redding is enkel en alleen ‘n genadedaad van die Here

Skriflesing: Romeine 1 en 8
Teksvers: Rom 1:20-22; 8:3
DL: Hoof 3 & 4. Punt 4 – 6
HK: Son 7 (21) en 25 (65)

Oor die eeue heen was daar al baie dinge gesê oor die positiewe en of negatiewe beskouings ten opsigte van die mens. Sommige mense is oor optimisties oor die mens en ander word weer aangekla dat hulle hiper negatief is oor die wese van die mens. Wat is jou mening oor die mens vandag? Is die mens op sy eie tot iets goeds in staat? Daar is ‘n algemene siening in die wêreld dat die meeste mense darem weet wat goed en sleg, reg of verkeerd is. Dit word die sg “lig van die natuur genoem”.

Om die vraag na die goeie en of slegte aard en wese van die mens te bespreek, laat die opstellers van die Dortse Leerreëls, hoofstuk 3 & 4, punt 4 tot 6 die lig van die Here skyn oor drie sake:

  • ‘n Mens kan nie gered word deur die sg “lig van die natuur” nie.
  • ‘n Mens kan nie gered word deur die onderhouding van die wet nie.
  • ‘n Mens kan slegs gered word op grond van die genade van die Here wat deur die Heilige Gees en die Woord van God, ons harte oopmaak vir die Blye Boodskap van redding en genade.

Laai af

« Older posts Newer posts »