Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Nuwe Testament (Page 104 of 129)

Christus heilig ons deur Sy bloed tot ‘n koninklike priesterdom

Nagmaal


Skriflesing: Op 1:1-20
Teksvers: Op 1: 4-6

‘n Mens is nooit te oud om vir die Here diensbaar te wees nie. Johannes is oor die 90 jaar, en kry die opdrag, as ‘n gevangene op ‘n eiland om aan die kerk oor al die eeue God se Raadsplan bekend te maak. Hierdie openbaring van ons Here Jesus Christus laat Johannes verskrik en verwonderd. Hy word versterk en bemoedig oor die toekoms wat God vir ons beplan.

Vervolgens staan ons stil by drie hoofgedagtes:

  1. Jesus Christus as Alfa en Omega
  2. Die kerk as Kandelaar
  3. Ons heiliging as ‘n koninklike priesterdom

Laai af

 

My volkome troos!

Skriflesing: Mat 10:26-31
Teksvers: Mat 10:29-31
HK: Sondag 1 Vr. en antw. 1

Om fisies seer te kry, om ’n terminale siekte te hê, om ouer te word, om swaar te kry is nooit vir enigiemand lekker nie. Inteendeel, dit is nie net soms seer nie, maar dit is ook trau-maties. Daarom is daar traumabehandeling, deur pastorale sielkundiges en psigiaters. Maar ons as Christene het dié grootste troos. Ons het nie net God wat daar ver is wat ons vertroos en aan ons die beste traumatiese behandeling gee nie, maar Hy het ook alles wat ons nodig het laat opskryf sodat ons dit kan lees en daardeur vertroos kan word. God is intiem nou by ons betrokke deur sy Woord en Gees. Ons gaan na drie sake kyk.

  • Ons behoort aan Jesus Christus.
  • Ons word bewaar deur die Vader.
  • Ons word verseker van die ewige lewe deur die Heilige Gees.

Laai af

God seën ons deur Sy Woord

Bevestiging en Intreepreek van ds L.J.E. Venter


Skriflesing: Op 1:1-8 en 22:6-21
Teksvers: Op 1:3

Mense wil graag geseën word. Mense wil geseënd wees! Ons hoor en sien dit elke dag rondom ons, en in ons eie harte is die begeerte. Maar min mense verstaan werklik wat seën is. Dit is baie meer as die teendeel wat vervloek beteken. Vloek en seën is egte verbondstaal. Dit is Bybeltaal. Dit is geloofstaal. Dit is evangelie… Wat beteken dit werklik om geseën te word? Ons wil vanoggend stilstaan by die boek Die Openbaring van Jesus Christus, waarby ons Heiland ons leer wat ware seën is met die tema: God seën ons deur Sy Woord. Amen

Laai af

« Older posts Newer posts »