Page 82 of 332
Skriflesing:1 Kor 15 (1983)
Teksvers:1 Kor 15:1,14,58
HK: Sondag 17
In ons tyd is die aanslag teen die kerk van Christus veral gerig op die waarheid van die Woord. Die gewoon historiese waarheid. So ook die vraag of Jesus werklik uit die graf opgestaan het. Verskeie argumente word gewoonlik tot vervelens toe geopper.
Die interessante van die Woord is dat dit al in Paulus se dae ‘n vraag was, en dat Paulus nie die historiese bevraagteken nie, (wel eenvoudig bewys), maar dat hy wel daaroor bekommerd is of ons dit werklik wel glo. Daarsonder is alles, ook jou geloof totaal tevergeefs.
Skriflesing: 1 Korintiërs 1:18-2:16 (2020)
Teksvers: 1 Korintiërs 1: 21-24
Die dwaasheid van die prediking? Wat kan dit tog beteken? Is dit wanneer ‘n mens dom voel na ‘n preek as jy dit nie verstaan het nie?
Soms wonder ons oor waarom God sekere dinge op sekere maniere wil gedoen hê. Wanneer dit kom by die wyse waarop God se kerk bymekaar gemaak word, is dit ook so uitsonderlike getuienis waar die Koning van die kerk ons leer dat Hy self aan die woord kom deur die Woord by wyse van die prediking wat vir ons soms dwaas lyk.
Vir baie mense vandag is die Bybel maar net ‘n geskiedenisboek vol interessante ervarings van mense oor God. Hulle glo, deur die eeue het mense hulle persoonlike ervarings verwoord en opgeskryf, net soos baie ander “heilige” boeke soos bv. die Q’uran. Op hierdie manier word die Bybel gereduseer tot ‘n menslike belewenis, en word dit nie erken as gesagvol en van God nie.
Dit is wat gebeur het in 1709 met die beskrywing van Vox Populi, Vox Dei. Die stem van die mense is die stem van God. So het die mens sy eie god geword. En die mens luister gevolglik net na sy eie stem.
Ons belydenis spreek hierdie onfeilbaarheid aan in die NGB veral artikels 2-7. God se Woord is deur die Heilige Gees geïnspireer, en is so lewend en kragtig dat selfs die blindes kan tas dat die dinge wat daarin beskryf word, waar is.
Daarmee bely ons: Viva Vox Evangelii… Dit beteken die Evangelie is ‘n lewende stem. Die Evangelie is nie maar net ‘n stem oor God nie, dit is die stem van die Lewende God. Dit is ook die Euangelion – die evangelie, of te wel die Goeie of Blye boodskap.
Die evangelie is die boodskap van God se verlossing. Dit verkondig aan ons die wonderlike nuus van ons redding in en deur Jesus Christus. Maar hierdie lewende evangelie kan nie lewe as ons nie die woorde daarin hoor nie.
Soos iemand eendag opgemerk het, dat ‘n Bybel wat uitmekaar val getuig van ‘n lewe wat nie uit mekaar val nie. Moet daarom nie een oomblik huiwer nie, om elke dag jou Bybel te lees, om daarin notas te maak en orals te merk waar hierdie lewende Woord jou hart aangryp nie.
Want deur God se lewende Woord word ons lewe ‘n blye tyding.
Lourens (Verbi Dei Minister – VDM: Bedienaar van die Woord)