Gereformeerde Kerk Centurion

Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Page 162 of 345

Geloof red

Skriflesing: Johannes 3:1-21
Teksvers: Johannes 3:14-16

Die sakramente is daar om ons geloof te versterk. Want sonder geloof, kan ons nie tot God nader nie. So baie mense in die moderne wêreld verloor hulle geloof. Moderne wetenskap maak dit skynbaar irrelevant om te glo. God se bestaan word betwyfel en met alles wat geld kan koop, is geloof boonop oorbodig. 

Ons geloof is egter uiters kosbaar, en ons moet dit nie as vanselfsprekend beskou nie. Immers, geloof red. 

Die vyfde kruiswoord—“Ek is Dors.”

Skriflesing: Joh 19:28-37
Teksvers: Joh 19:28

Jesus Christus was waarlik dors as mens. Na drie ure duisternis en van God verlate, was Hy verskriklik dors. Hy wou nie die pyn-verdowende asyn-wyn drink nie, omdat Hy die volle toorn van God moes dra.

Hierdie dors is reeds van geprofeteer in Ps 22:16 waar ges  is sy tong kleef aan sy verhemelte. Maar die dors het ook ‘n geestelike kant gehad en dit het ons gesing uit Ps 42:1. Jesus was ontsettend dors, dors na die vrede en ewige heerlikheid by God.

Daarom is dit so belangrik dat ons daaruit sal leer:

  • Is jy dors?
  • Les jou dors!
  • Les jou dors verniet

Selfondersoek voor die Nagmaal

Hoekom is dit nodig om onsself te ondersoek voor die nagmaal, om selfondersoek te doen Dit gaan nie daaroor dat ons ‘n lys van ons lewe moet maak en so selfon-dersoek doen, of ons uit onsself werd is om die heilige nagmaal te vier nie. Dit gaan daaroor dat jy weet jy is uit jou eie, nie werd om die nagmaal te vier nie, maar dat dit alleen in en deur Jesus Christus se soenverdienste kan en mag en moet geskied. 

Maar dan moet jy eers selfondersoek doen en jou sondes erken en bely. Jy moet kyk of jy moedswillig in jou sondes volhard, doen jy dit doelbewus elke dag sonder om daaroor berou te hê, dan is jy op die verkeerde pad. Jy moet jouself elke dag voor God verootmoedig. Jy moet jou sondes erken en bely en daaroor vergiffenis vra, dan kan jy voor God gaan staan. Dan weet jy dat Jesus Christus vir jou sondes, ten duurste met sy eie liggaam en bloed, aan die kruis betaal het. Dan weet jy Hy is jou advokaat wat vir jou by God intree. En dit is juis hierdie wete wat maak dat jy die heilige nagmaal kan vier. 

As jy jou vertroue absoluut op Jesus Christus stel, dan kan jy verseker wees dat jou oortredinge vergewe is. Dan moet ons ook daarna strewe om elke dag al heiliger te leef. Ons moet die sonde aflê en tot eer van God leef. Ons moet ‘n abso-lute dankbaarheids-lewe leef tot eer van God en in ware liefde vir ons medemens. Selfondersoek bring ons ook by die verlede, hede en toekoms. 

Verlede: Jesus Christus het alreeds vir ons sondes betaal met sy liggaam en bloed. 

Hede: Jesus Christus is nou elke dag by ons en met ons, want Hy is die Hoof van die kerk, Ef 1:22. 

Toekoms: Jesus Christus is ook die Bruidegom wat in die hemel vir ons ‘n bruilofsmaal voorberei. 

Mag ons elkeen dan opreg selfondersoek gedoen het en so met vrymoedigheid nagmaal gebruik. 

Ds. Gerrit 

« Older posts Newer posts »