Gereformeerde Kerk Centurion

Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Page 161 of 332

“Nie in die wit paleise”

– NP Van Wyk Louw 

Nie in die wit paleise nie
wou Hy (uit soewereine wil)
tot ons soort staat gebore word;
maar, waar die Kuise en die Arme stil
en buite die hotel se poort
verniet loseer het in die stal,
het Hy, Visarendjie van God,
in ons benoude vlees geval.
Die eerste oë wat Hom sien,
was skaapwagters vol strooi en stof;
kras manne wat in skerms woon
en ruik na bok en rook en mof;
ná baie dwaal en baie soek
en selfs digby Herodes vra! –
kom eindelik die Wyses tóg
met goud en wierook agterna.


Hy het sy eerste kern gekies
nie uit geleerdes in die Skrif
of dié wat hande en borde was
met koue voorgeskrewe drif;
maar vissers en ‘n tollenaar
die ‘t Hy geroep met sagte groet:
manne met harde hande en sweet
en eelte, en ‘n oop gemoed.


En toe Hy sy groot net uit laat gooi
regs van die boot en links en regs,
het Hy ingesleep: ‘n vreemde prooi –
‘n visvangs soos die óú Wet slegs
in skaam vermoede kon vermoed – :
melaats, besete, ryk of klein;
sondaars van elke kleur en geur,
maar in sy glimlag, skielik: rein.”

Die troon van God is ewig

Skriflesing: Hebreërs 1:1-14 
Teksvers: Hebreërs 1:8-9 

Die Hebreërbrief beskryf aan ons die uitnemendheid van ons Verlosser en Koning, Jesus Christus. Vir die volgende klompie weke sal ons hierop fokus met ons aandag op hoe Jesus groter of meer uitnemend is as die engele, as Abraham, as Moses, as Josua. 

Jesus Christus is ‘n ewige Koning en sy troon is ‘n ewige troon. Hoe lyk sy Koningskap en regering oor jou lewe? 

« Older posts Newer posts »