Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Preke (Page 99 of 192)

Lewe ’n vrugbare lewe, in diens van God!

Die wet van God! Die wet van Moses! Die wet van die Gees!

Skriflesing: Rom 7:1-8:4
Teksvers: Rom 8:2 

Dikwels dink ons dat ons lewe bestaan uit ’n klomp wette wat ons moet navolg. As jy die wette navolg dan kom jy darem in God se guns, dink ons. Dit is mos darem beter om goed te doen as sleg. God sien dit tog sekerlik raak en dit beteken dan iets vir my redding. Maar hoe figureer die wet van God in die vrugbare lewe wat ek moet lei. In Romeine 7,8 lees ons van: Die wet van Moses. Die wet van God. Die wet van die sonde. Die wet van die Gees.

  • Die wet van die Gees.
  • Die wet van die Gees laat ons vrug dra.
  • Die wet van die Gees gee aan ons die lewe.

Om gekruisig te word saam met Christus, maak ons volkome vry

Skriflesing: Galasiërs 5:13-26
Teksvers: Galasiërs 5: 24-25

Om vry te wees is nie so eenvoudig nie. Want vryheid beteken ook geweldige groot verantwoordelikheid. Iemand wat vry is, kan nie net doen wat hulle wil nie. Elke vryheid het grense en perke. Die meeste van hierdie grense en perke is wat ons oor onsself bring. Omdat ons vryheid verkeerd verstaan, word ons vryheid ‘n slawerny.
Ons kyk vanmore wat die ware vryheid beteken in Christus. Die Nagmaal is die sigbare en konkrete uitbeelding van hoe Christus ons bevry van die slawebande van die sonde. Elkeen wat saam met Christus gekruisig word, sal leef in die vryheid van Sy genade.

Jongmens – Wat is Jou GPS?

Skriflesing: Ps 1:1-6; Jer 17:5-8 
Teksvers: Ps 1:6 

Ek is Frikkie Deysel. Ek is ʼn 5de jaar teologiese student en ʼn jong man. Dit is daarom vir my ʼn besonderse voorreg om vanaand met julle en besonder met my mede-jongmense ʼn boodskap te deel wat baie vir my beteken het. 

Psalm 1 gaan oor twee paaie, die pad van die Gelowige en die pad van die ongelowige. Op watse pad is ons? Watse pad-kaart gebruik ons? Watse GPS gebruik ons? Waar lê ons Ge-luk, Plesier en Sekerheid? Ons GPS. 

Die geheim van vrug-dra!

Skriflesing: Gal 5:13-26
Teksvers: Gal 5:22a,25,26

Vrugte word nie geproduseer om uitgestal te word nie. Die eerste doel is nie dat vrugte deur mense bewonder moet word nie. Vrugte is daar om ge et te word, om die mens te voed en gesond te hou. Maar op geestelike terrein is vrug-dra net so belangrik.

Elke Christen moet die vrug van die Gees in sy lewe dra. Wat is die geheim om die vrug van die Gees te kan dra.

  • Die aanplanting van die vrug van die Gees.
  • Die verbouing van die vrug van die Gees.
  • Die oes of resultaat van die vrug van die Gees.

Jesus is ons borg van ‘n beter verbond

Skrifgedeelte: Hebreërs 7:1-28, Psalm 110
Teksverse: Heb 7:24-28

Die verbond, is ‘n testament. ‘n Testament is ‘n dokument wat beskryf wat elkeen sal ontvang by die dood van die een wie se testament dit is. So het ons in die Ou Testament, die genadeverbond leer ken by wyse van die priester diens soos ingestel by Sinai. Vergifnis van sondes slegs deur die bloed van die offers.

Nou sterf die Testamentmaker, sodat die testament kan uitbetaal. So is Christus vir ons ‘n borg van ‘n beter testament, ‘n beter verbond, as die Hoëpriester volgens die orde van Melgisedek.

« Older posts Newer posts »