Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Preke (Page 98 of 192)

Die rol van die Wet in die vrug van die Gees

Skriflesing: Galasiërs 3:21-4:7 en 5:6
Teksvers: Galasiërs 3:24-26
HK Sondag 2

Daar is verskeie vertalings vir die woord wat hier in die Grieks gebruik word as Paulus die wet beskryf as ons ‘oppasser of tugmeester’. Sommige vertaal dit selfs met ‘skoolmeester’, en dan verstaan hulle ‘n kwaai skoolmeester met ‘n lat in die hand! Die Griekse woord hier gebruik is “paidagogos” en herinner aan ons woord ‘pedagoog’ wat opvoeder beteken. ‘n Skoolmeester is immers ‘n pedagoog en daarom is een van die vakke op onderwyskollege juis pedagogiek of opvoedkunde!

Gevolglik is die wet van die Here vir baie mense hier ‘n swaard wat heeldag oor jou kop hang. Pasop dat jy nie skeeftrap nie!

Is dit werklik wat Paulus bedoel? Moet mense wat deur die Gees lewe en vrugdra die heeldag in vrees lewe?

God se roepende genade aan sy kinders!

Skriflesing: Jer 1:1-19
Teksvers: Jer 1:4,5,10,19

Ons voel almal soms onseker oor die lewe. Daar is soveel besluite wat ons moet neem, soveel keuses wat ons moet maak. Dan wonder ons of dit die regte besluite is. So is die belangrikste keuse, ‘n gehoorsaamheidskeuse. As God my roep, wat antwoord ek? Jeremia is geroep deur God en hy het met groot worsteling en swaarkry hierdie roeping opgevolg en die keuse uitgeleef. 

Ons gaan na drie sake kyk: 

  • God roep ons. 
  • God rus ons toe. 
  • God stel ons aan. 

Ware godsdiens is om jou hart te offer

Skriflesing: Matteus 15:1-20
Teksvers: Matteus 15:8

Die Gees van God werk in ons dat ons vrug kan dra. Maar ‘n boom kan nie vrug dra as dit in slegte grond staan of sonder water is nie. In hierdie gedeelte spreek ons Here Jesus die Fariseërs aan oor die wese van hulle geloof. Die oortuiging van hulle hart. 

Ons staan vanaand stil by Sondag 1 oor ons enigste troos. 

Sierstruik of vrugteboom?

Skriflesing: Markus 11:12-25
Teksvers: Markus 11:13

Jesus het vir drie jare tydens sy aardse bediening die Woord van God gebring. Aktueel, op die man af en direk van toepassing op die volk se alledaagse lewe (Bv die bergrede). 

Ag, hoe teleurgesteld sou hy nie moes wees oor die vrug van sy bediening nie! Niemand het hulle aan sy prediking gesteur nie! 

Aan die einde was daar net die twaalf, waarvan een ‘n verraaier was en die res wat Hom in die steek gelaat het. Die paar vroue wat Hom gevolg het, staan by die kruis ook maar op ‘n afstand. 

Dit is hier waar hierdie DOEN-PREEK van Jesus van toepassing is. 

« Older posts Newer posts »