Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Preke (Page 88 of 192)

Die groot raaisel!

Skriflesing: Psalm 73 en Ps 49
Teksvers: Psalm 73:28

Asaf, die Leviet, is een van die geestelike leiers van die volk. Hy onderrig hulle deur liedere wat hy die volk laat sing. 

Hier hanteer hy een van die moeilikste raaisels wat die mens in sy lewe konfronteer: Waarom Here? Hy slaan die spyker op die kop met diegene wat teen ons onreg pleeg en hy draai nie doekies om nie. Hy weet dat die grootste gros mense hierdie tipe vraag een of ander tyd in sy/haar lewe teëkom en moet hanteer. Hy gee hier ook duidelike leiding oor hoe ons met hierdie worsteling moet omgaan, sodat ons nie ons medegelowiges beledig of benadeel nie, en God se eer nie skade aandoen nie. 

God beskerm sy kerk

Skriflesing: Ps 121 
Teksvers: Ps 121 
HK Sondag 21 vr 54 

Hierdie Psalm is deur die Pelgrims gesing op pad na Jerusalem. 

Hulle het dit gesing om daarmee te erken, God is hulle enigste hulp en hoop. So is die Here vir al die eeue die Beskermer van sy kerk. Die poorte van die hel sal dit nie oorweldig nie. Niks sal God se kerk van Hom af kan wegruk nie. Want wie kan voor God bly staan? 

  • God beskerm sy kerk. 
  • God beskerm sy kerk op aarde. 
  • God beskerm sy kerk tot in die hemel. 

Hoor en sien die vervulling van Pinkster in die nagmaal

Skriflesing: Handelinge 2:1-13; Jesaja 9:1-6
Teksvers: Handelinge 2:2-3

Daar is twee duidelike tekens met die uitstorting van die Heilige Gees tydens die Pinksterfees wat ongetwyfeld herkenbaar is. Die eerste teken is ‘n harde geluid soos ‘n rukwind, wat uit die hemel kom en die huis waar die dissipels bymekaar was, vul. Dit is ‘n hoorbare teken. Die tweede teken wat hierop volg is ‘n sigbare teken, waar vuur uit die lug verdeel en op elkeen van die dissipels gaan sit. 

Waarlik, die volk wat in duisternis leef, het ‘n groot lig gesien. Die teken van die Kind wat gebore is, het verreikende gevolge, dat Hy as wonderbare Raadsman en ewige Vredevors ook die Koninkryk van God hervestig. 

« Older posts Newer posts »