Skriflesing: Ex 20:17; Gal 5:13-25
Teksvers: Gal 5:16-18
HK Sondag 44
‘n Rooms Katolieke Priester het eendag gesê, hy het na duisende mense geluister wat hulle sondes kom bely het, moorde, diefstal, egbreek, steel, laster ens. Hy het van al nege die eerste gebooie belydenisse van oortredings gekry, maar nooit van die tiende gebod nie. Nooit het iemand gesê: “Ek bely dat ek van verkeerde begeertes brand nie.”
Dit is sekerlik omdat ons begeertes dikwels verborge in ons harte lê waar niemand dit kan sien nie, buiten God. Daarom dink ons ons hoef dit nie te bely nie of dit is dalk nie so erg nie.
Ons begeerte moet daarom wees om te leef volgens die vrug van die Gees. Dit moet ons begeerte wees.