Kategorie: Preke (Page 87 of 192)
Skriflesing: 2 Kor 5; Matt 25:14‑23; Op 20
Teksvers: 2 Korintiërs 5:10
Is hier ‘n spanning in die Heidelbergse Kategismus te bespeur? Die evangelie is immers een van genade en nie verdienste nie.
En tog wil die Here sy kinders wat aan Hom getrou is, beloon? Hoe werk hier beloning dan as ons so sterk oortuig is dat ons alles net uit absolute genade van die Here ont-vang? Waarom sal ons dan nog voor die regterstoel van die Here Jesus moet verskyn?
Skriflesing: Eksodus 25
Teksvers: Eksodus 25:8
Na aanleiding van die besoek aan die duplikaat van die Tabernakel in die woestyn saam met die kinders verlede week, het ek dit goed gedink om oor hierdie gedeelte te preek. Dit was immers ‘n wonderlike genade dat die Here na die episode van die goue kalf nog steeds hierdie verklaring aan Moses doen.
Dit is wonderlike genade dat die Here in ons en by ons wil woon. Die apostel Johannes jubel juis daaroor in sy eerste hoofstuk: Die woord het vlees gewoord en onder ons kom woon! (Jh 1:14)
Skriflesing: Handelinge 8:1-25
Teksvers: Handelinge 8:9-12
HK Sondag 22 en 23
Meer as ooit te vore is die “kerk” verdeeld oor wat die waarheid is. Elke profeet of pastoor stig ‘n gemeente na eie goeddunke en voorkeur. Hierdie sg. kwasi-kerk verkondig ‘n vreemde evangelie en ‘n vreemde beloning van dit wat die Skrif ons leer. Weelde en voorspoed, wêreld se roem en rykdom is eerder die oogmerk as die koninkryk van God se verbreiding.
In die lig van ons belydenis oor die weldade wat ons deur Christus ontvang, sowel as die vrug van die werk van die Heilige Gees, kyk ons vanaand na Handelinge 8 en die sonde van Simonie en voorspoedsteologie.