Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Preke (Page 89 of 192)

Christus se voldoende voorspraak

Skriflesing: Openbaring 8:4
Teksvers: Openbaring 8:1-5

In die lig van die Hemelvaart van Jesus Christus is dit gepas om nog ’n slag na die nut en voordeel daarvan vir ons te bedink. 

Ons moet onthou dat ons as sondaars SLEGS deur Christus vir God aanneemlik is. Ons mag onsself nou sy kinders noem, maar dit is slegs en alleenlik moontlik deur die versoeningswerk van die ware en eniggebore Seun van God. 

Sonder Hom is ons niks en kan ons nie voor God staan of bestaan nie en wag daar vir ons ’n verskriklike bestemming ons die toorn en oordeel en vloek van God. 

In en deur Christus is dit egter heeltemal anders… 

Gehoorsaamheid aan God bring vreugde!

Skriflesing: 2 Kor 7:2-15
Teksvers: 2 Kor 7:9-11

Paulus is vol blydskap omdat die Korintiërs aan God gehoorsaam was

Paulus is vol blydskap. Hy is so bly dat hy die gemeente van Korinte aanprys en dit duidelik stel, dat hy trots op hulle is. In die ’53 vertaling sê hy sy roem oor hulle is groot. Wat bring ware of opregte roem en trots en blydskap in ’n gelowige se lewe? Daar is net een saak en dit is as ons in gehoorsaamheid aan God en sy gebooie lewe. 

Dit vra van ons drie dinge… 

  • Inkering 2 Kor 7:9 
  • Bekering 2 Kor 7:10 
  • Opregtheid 2 Kor 7:11 

Getsemane, Gabatta, Golgota

Skriflesing: Markus 14:32-36, 15:1-34
Teksvers: Markus 15: 26
HK Sondag 15

Die lyding van die Galileër gaan van Getsemane, na Gabatta, na Golgota. Hier sien ons die progressie in die diepte van die Christus se smart, maar terselfde tyd die vervulling van God se geregtigheid in die dra van God se toorn, Sy oordeel en Sy vloek. 

Ons staan vanaand stil by Sondag 15 van die Heidelberger waarin hierdie dieptepunt van die lyding so duidelik uitgespel word. 

Ons gebed vir heiligmaking

Skriflesing: I Tessalonisense 5
Teksvers: I Tessalonisense 5:23-24

Hierdie kort brief is waarskynlik Paulus se heel eerste brief aan ‘n gemeente. Hy sit op ‘n afstand, waarskynlik in Korinthe, en skryf aan hierdie gemeente vér daarvandaan. 

Hy kry nuus deur Timoteus en Silas (Silvanus) wat nou vanaf Tessalonika by hom aangekom het. Dit gaan goed met hierdie klein kerkie en hulle volhard in die geloof. Sy fokus is veral op hulle voorbereiding vir die wederkoms wat naby is. 

Ook ons teksverse is sy gebed dat hulle in hierdie voorbereiding sal volhard en groei. Die troos dat ons dit sal regkry, lê in die feit dat die getroue God dít wat Hy in ons begin het ook sal klaarmaak tot op die jongste dag (vgl Fil 1:6). 

« Older posts Newer posts »