Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Preke (Page 44 of 192)

God se vermaning teen ‘n wêrelds-gesindheid en sy oproep tot toewyding

Skriflesing: 2 Kor 6:14-7:1 (1983)
Teksvers: 2 Kor 7:1

God het ons in hierdie wêreld geplaas met ‘n doel en ‘n taak. Ons doel en taak is eerstens om tot eer van God te leef en tweedens om die evangelie uit te dra. Maar alhoewel ons in hierdie wêreld leef, moet ons nie soos die wêreld leef nie. Dit beteken ons moet heilig leef soos hemelse burgers. Dit moet ons strewe wees. Ons moet elke dag in liggaam en gees ons daarna streef om heilig te lewe. Paulus het as apostel en Christen ‘n voorbeeld gestel. 

Ons gaan na drie sake kyk: 

  • Paulus se oproep tot erkenning van sy werk. 
  • Paulus se vermaning teen ’n wêreldse-gesindheid. 
  • Paulus se oproep tot toewyding. 

God se beloftes: Vir Israel/die Jode? Vir ons?

Skriflesing: Esegiël 37:15-28 (2020)
Teksvers: Esegiël 37:26-28

  • God gee beloftes aan sy volk in ballingskap.
  • Geld dit vandag vir ons of ook vir Israel/die Jode.
  • Die profeet praat met die mense in die Babiloniese ballingskap, na die verwoesting van Jerusalem en die tempel.
  • Vervulling met terugkeer, herbou van die tempel.
  • Besondere vervulling in Christus.
  • Een of meer paaie tot verlossing?
  • “Niemand kom na die Vader sonder My nie”
  • Vir ons belofte van God se nabyheid, kan God altyd en oral aanbid word.
  • Israel en die Jode het vandag steeds nie verlossing buite Christus nie.

Laat julle met God versoen!

Skriflesing: 2 Korintiërs 5:11-6:13 (1983)
Teksvers: 2 Korintiërs 5:19-21

Die apostel verdedig steeds sy eie apostoliese gesag teenoor die gemeente in Korinte, Griekeland. Dis soos iemand wat agent is van ‘n agentskap (franchise)… Hy verdedig nie die agent nie maar wel die agentskap.

Hy en die apostels het geen eie gesag nie, maar wel het die inhoud van die “franchise”, die inhoud van die Evangelie, gesag in homself.

Kom ons bekyk hierdie uitsonderlike evangelie wat hier deur die Griekse woordjie “katalasso” uitgedruk word en kom ons aanvaar hierdie versoening wat Hy vir ons in Christus bewerk het.

God se Naam is heilig en moet altyd met eerbied gebruik word!

Skriflesing: Fil 2:5-11
Teksvers: Fil 2:9-11; Spr 22:1a
HK: Sondag 36

Het jy ’n familienaam of net ’n mooi naam, ’n beskrywende naam? 

  • Is jy trots op jou naam?
  • Wat is in ’n naam? 

Is ’n naam so belangrik? 

Spr 22:1 

“’n Goeie naam is meer werd as groot rykdom, die goeie gesindheid van ander meer as silwer en goud.” 

Maar…Vir ons as christene, as kinders van God, as belydende gelowiges, kan daar niks beter en groter wees nie as… 

Om God se Naam reg te gebruik nie! 

Hou bene hou!

Skriflesing: 2 Korintiërs 4:16-5:10
Teksvers: 2 Korintiërs 4:16-18

Hou bene hou! Dit hoor ons gereeld langs die atletiek baan. Maar nie by hoogspring of spiesgooi of selfs die naellope nie. 

Dit is wanneer die langafstande aan die beurt kom wat ons hierdie aanmoediging hoor. Moenie ophou nie. Moenie ingee nie, maak die wedloop klaar. Want soms kan die afstand baie ver en swaar en moeilik word. Net soos in die lewe. 

Paulus kan daarvan getuig, hoeveel keer hy as te ware die dood reeds voor oë gehad het. Daarom kom die aanmoediging, hou moed, moenie in die geloof opgee nie, hou bene, hou! 

Wat dink jy van My?

Skriflesing: Psalm 50; Joh 17 
Teksvers: Psalm 50:21(14+23), Joh 17:17 
HK: Sondag 35 

In Sondag 35 bely ons eerlik dat ons “God op geen enkele manier mag afbeeld nie“. Die eenvoudige rede is eintlik dat geen maar géén beeld Hom as God ooit KAN omvat of kan uitbeeld nie. 

Terwyl ons dus nie eintlik baie fisieke beelde van God rondom ons ken (soos bv Boeddhabeelde in Thailand) nie, moet onsself dalk op ‘n ander vlak ondersoek. 

Watter beelde is daar van God in jou kop? 

« Older posts Newer posts »