Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Preke (Page 121 of 192)

Om weer hoop te skep en moed te vat!

Skriflesing: 1 Kor 15:19; Lukas 24:13-35 
Teksvers: Lukas 24:21 (en 27,35) 

Die dorpie Emmaus is so 12 km buite Jerusalem. So drie ure se flink stap of dalk bietjie langer vir die stadiges. Veral as jy diep in gesprek is en dan ook nog swaar van gemoed. 

Hierdie twee volgelinge van Jesus is diep bedruk. Dinge het gewoon net nie uitgewerk nie! En om jou nou te steur aan die vroue-praatjies sal darem nou nie so eervol wees nie… Totdat die teendeel letterlik bewys word! 

Let dan op na die gesindheidsverandering by ons twee broers van Emmaus. Wat maak die verskil? Hoe kry mens weer moed langs die pad van die lewe met al sy teleurstellings? 

Leidraad: God stel nooit teleur nie! 

’n Geslote Boek, ’n Geopende Boek, ’n Vertroostende Boek

Skriflesing: Open 5:1-14 
Teksvers: Open 5:5 

In Openbaring 4 lees ons van die “Wetgewende Gesag”. Johannes sien ’n deur in die hemel met God wat op die Troon sit. God die Wetgewer en Wetmaker sit in sy heerlikheid in die hemel.

In Openbaring 5 lees ons van die “Uitvoerende Gesag”. Die uitvoerende gesag moet die wetgewende gesag se woorde openbaar.

Dit kry Hy in die Boekrol wat met sewe seëls verseel is. Maar Johannes sien die boekrol in die regterhand van God en daar is niemand wat die boek kan oopmaak nie. Hy huil verbitterlik, want hy wil weet wat in die boek staan. Vir ons is dit van die grootste belang wat in die boek staan. Daarom gaan ons na drie sake kyk:

  • ’n Geslote Boek.
  • ’n Geopende Boek.
  • ’n Vertroostende Boek.

Jesus lê die Bybel uit!

(Last updated on April 19th, 2021)

Skriflesing: Luk 24:13-35
Teksvers: Luk 24:16,27,31 

Verlede Sondag het ons die Opstanding van Jesus Christus gevier. 

Nadat Jesus slegs drie dae, Vrydag, Saterdag en Sondag in die graf deurgebring het, het Hy opgestaan. Glo jy dit? Leef jy dit? Sien jy dit in jou lewe? Die Grootste Prediker van alle tye, Jesus Christus self, verkondig of verklaar die hele Bybel se kerngedeeltes en dit is die wat oor Hom profeteer in die grootste Boek die Bybel. Wat beteken die opstanding vir jou? 

  • Die grootste Prediker van alle tye. 
  • Die grootste tema van alle tye. 
  • Die grootste Boek van alle tye. 
« Older posts Newer posts »