Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Preke (Page 122 of 192)

Van totale verwerping tot aanneming!

Skriflesing: Psalm 27:10; Esegiël 16; Mat 27 
Teksvers: Matteus 27:47-49 

Al sou my vader en my moeder my verlaat… Dink hier sommer aan al die aborsies. Vroeër was dit sommer net weggooi-babas… Nou is dit al sg. “wettige aborsies”! 

Volgens die WGO is daar jaarliks 40-50 miljoen aborsies per jaar. Dit is 12500 per dag!!! Ouers wat hulle kinders weggooi, verwerp, verlaat! ‘n Onbegryplike gedagte. En tog gebeur dit elke dag! 

Dink ons dan aan ons hemelse Vader wat alle rede het om ons weg te gooi of te verwerp in die ewige vuur. Wat ‘n skreeuende werklikheid… byna te veel om te verwerk. 

Het God enige rede om ons aan te neem? 

Koue voete of warm harte?

Skriflesing: Lukas 24:13-35 
Teksvers: Lukas 24:25-27 

Onverstandiges, mense sonder begrip, met harte wat traag is om alles te glo wat oor Christus beloof is… Dit is ‘n geweldige aanklag, en baie ontaktvol van die Here. Hoe kon Jesus sulke liefdelose woorde sê vir mense wat deur soveel hartseer en trauma gegaan het…? Weet die Here dan nie hoe sleg die omstandighede is nie? 

Mense wat die Bybel ken, en wat belydende gelowiges is, moenie geëvangeliseer word nie. Jesus is nie hier besig op die sendingveld nie, Hy verkondig met mag die evangelie van genade en verlossing. Dit is hoogtyd dat die kerk van Christus sal ophou vrees vir koue voete, en hulle harte rig op die ewige Koning. Amen 

Doeke is geloofwaardig…

Skriflesing: Johannes 19:38-20:10 
Teksvers: Johannes 20:5-8 

Sondag oggend, die eerste dag van die week, het die dissipels nuus gekry dat Jesus opgestaan het. Maria Magdalena was al vroeg by die graf, omdat sy nie behoorlik kon afskeid neem van die Here nie. Sy wou nog maar weer vir ‘n laaste keer eer bewys aan haar Here, al was Hy dood. Maar Hy was nie daar nie. ‘n Engel het eers verskyn waarna Jesus self met haar gepraat het. Sy moet die dissipels gaan vertel Jesus het opgestaan. 

As Petrus en Johannes hierdie nuus kry, hardloop hulle voluit na die graf. Hulle wil self gaan sien… As Petrus die graf binnestorm, sien hy niks behalwe die doeke waarin Jesus gebalsem was nie. En as Johannes ook ingaan sien die doeke in die graf, en die doeke is geloofwaardig… 

Nagmaal wys na die Leeu en die Lam

Skriflesing: Openbaring 5:1-14 
Teksvers: Openbaring 5:5,6 

“Toe sê een van die ouderlinge vir my: “Moenie huil nie. Kyk, die Leeu uit die stam van Juda, die Afstammeling van Dawid, het die oorwinning behaal en kan die boek met die sewe seëls oopmaak”.

Toe het ek voor die troon wat omring was deur die vier lewende wesens, tussen die troon en die ouderlinge, ‘n Lam sien staan, die Een wat geslag was. Hy het sewe horings en sewe oë gehad. Die sewe oë is die sewe Geeste van God, wat oor die hele aarde uitgestuur is.”

« Older posts Newer posts »