Skriflesing: 1 Kor 15:19; Lukas 24:13-35 
Teksvers: Lukas 24:21 (en 27,35) 

Die dorpie Emmaus is so 12 km buite Jerusalem. So drie ure se flink stap of dalk bietjie langer vir die stadiges. Veral as jy diep in gesprek is en dan ook nog swaar van gemoed. 

Hierdie twee volgelinge van Jesus is diep bedruk. Dinge het gewoon net nie uitgewerk nie! En om jou nou te steur aan die vroue-praatjies sal darem nou nie so eervol wees nie… Totdat die teendeel letterlik bewys word! 

Let dan op na die gesindheidsverandering by ons twee broers van Emmaus. Wat maak die verskil? Hoe kry mens weer moed langs die pad van die lewe met al sy teleurstellings? 

Leidraad: God stel nooit teleur nie!