Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Preke (Page 120 of 192)

Oop ore!

Skriflesing: 2 Samuel 5; Ps 40:7 
Teksvers: 2 Samuel 5:24 

Hoe goed is jou ore!? Dalk moet jy vir oortoets gaan? Jou waarnemings met geestelike jou ore is belangrik. 

Wat hoor jy? Waarna luister jy? Hoe goed is jou opvangs? Hoe goed is jou skottel(s) ingestel op die regte waarneming? Mens het nogal twee ore gekry. 

Luister en luister baie goed! Dalk hoor jy dan die stem en leiding van die Here! Geloof is uit die gehoor en gehoor is uit die Woord van God (Rom 10)! 

Christus bring gelooflike blydskap

Skriflesing: Lukas 24:30-53
Teksvers: Lukas 24:44

Na die manne van Emmaus terug gekom het in Jerusalem en by die ander dissipels aangesluit het, het hulle met groot blydskap openlik getuig van alles wat met hulle gebeur het. Die volgende oomblik staan Jesus in hulle midde. En toe hulle van blydskap nie kon glo wat hulle ervaar nie, begin die Here met hulle praat en Hy eet voor hulle oë. 

Dan verduidelik Hy dat alles wat gebeur het, reeds in die wet, die profete en psalms vooruit verkondig is. Die Ou Testament is die belofte van God se genade. Hy wat Jesus is, is waarlik die verkondigde Christus. 

Ons staan vanaand stil by die onuitspreeklike blydskap wat Jesus Christus bring deur die geloof. Amen 

Die Evangelie IS die Blye Boodskap

Skriflesing: Jesaja 51:17-53:5; Romeine 1:1-7 
Teksvers: Jesaja 52: 7 

Hoe lieflik is op die berge die voetstappe van hom wat die Goeie Boodskap bring… Wat ‘n Boodskap van vrede en verlossing aankondig. Wat ‘n Goeie tyding bring, wat redding verkondig. Wat sê: Jou God is Koning… Dit is die evangelie. Die Goeie boodskap. Die Blye tyding. 

Ons sluit vanoggend af met die vraag: wat maak jou bly? Vandag is daar maar min dinge om oor bly te wees. Tog het ons gesien dat die Here se Verlossing ons bly maak. Dat die Here se gawes ons versorg, waarmee ons Hom kan dien. Dat die Here oor ons bly is. Maar bo alles, is die boodskap van God se genade, die evangelie, die Bybel, ons diepste bron van vreugde. Want dit verkondig aan ons Christus en Hom as die gekruisigde. 

Die Evangelie is die boodskap wat ons bly maak! Amen 

« Older posts Newer posts »