Kategorie: Preke (Page 113 of 192)
Skriflesing: Jakobus 1:1-17
Teksvers: Jakobus 1:2-4
In aansluiting by die oproep van Petrus skryf ook Jakobus aan gelowiges wat in moeilik omstandighede verkeer, en selfs uitgebuit word. In hierdie boek word die klem op geloof en geloofsoptrede geplaas. Ook hier beskryf die apostel en broer van ons Here dat swaarkry vir ons goed is, en dat dit blydskap moet opwek! Daar moet as te ware uitbundige vreugde wees as ons beproef word.
Ons staan vanaand stil by die tema: swaar kry kweek volharding van die geloof vir die wat God liefhet. Amen
Skriflesing: 1 Petrus 1: 1-25
Teksvers: 1 Petrus 1:6-9
Geloof, Liefde, Hoop… Dit is drie terme wat deurgaans in die Nuwe Testament soos ‘n refrein herhaal in feitlik elke Bybelboek. Dit is veral in die Pauliniese briewe baie pertinent, en die bekendste aanhaling sekerlik uit 1 Korintiërs 13. Die wyse waarop Paulus hierdie begrippe gebruik, het telkens ‘n klemverskuiwing.
Dit geld ook vir die briewe van Petrus en Jakobus. Hier in 1 Petrus 1 staan die drie begrippe sentraal in die oproep van Petrus aan die gelowiges in die verstrooiing. Ons staan vanoggend stil by die blydskap van ons beproewings wat ons met Hoop aanpak, deur die behoud van ons geloof in Jesus Christus, in die vaste versekering van Sy Liefde. Amen
SKRIFGEDEELTE: Jesaja 55
TEKSVERSE: Jesaja 55: 8 & 9
Tydens hierdie gebeure in Jesaja 55:1-13 was die Israeliete (Juda) in die Babiloniese ballingskap. Hulle het na vrede en uitkoms gesoek deur hulle eie planne te probeer maak. Daarom spreek die Here hulle aan in sy bemoedigende woorde deur te vra waarom wil julle iets koop wat nie met geld gekoop kan word nie. Dit wat hulle soek, daardie innerlike honger en dors na vrede en rus, sal nooit deur hulle eie insette gestil kan word nie. Die HERE bied aan hulle die ware rus en vrede deur sy aankondiing van ‘n nuwe verbond met hulle.
Daar is egter ‘n verskil tussen die verbond wat die Here met Dawid aangegaan het en die nuwe verbond waarin die Here vrede vir alle volke bied wat opreg na die Hom smag. Die nuwe verbond is gesetel in Jesus Christus, vol genade en onverdiend en in ‘n sekere sin ook ongevraagd. Die Here gee aan die opregte soekers na die Here, sy Gees wat hulle sal leer en lei tot volle vertroue en oorgawe aan die Hom.
Die Here kom om deur hierdie gebeure ons te leer dat die Here se gedagtes en sy paaie nie vir ons altyd verstaanbaar is nie. Wat ons wel weet, is dat die Here veel meer vir ons bied as wat ons ooit kan dink of droom. Ons kan Hom vertrou. Hy weet wat Hy doen en waarheen Hy met ons oppad is.
Mag jy die blye boodskap van blywende troos en vrede in en deur Jesus Christus in die onverstaanbare wêreld waarin ons lewe, ken en getroos lewe in en deur die Heilige Gees.
Ds Paul